Die Sentiment in die SA Landboubedryf het Gestyg tot ‘n Nuwe Hoogtepunt Volgens Landboubesigheidskamer

Die sentiment in die Suid-Afrikaanse landboubedryf het in die tweede kwartaal tot ‘n nuwe hoogtepunt gestyg, ondersteun deur die verwagtinge van rekordoes en goeie kommoditeitspryse.

Brittanje Kry Splinternuwe Nuus TV Kanaal, GB News, Wat Teen Linkse “Woke Cancel Culture” Posisioneer!

Na beleggings van meer as 60 Miljoen Pond, was die Verenigde Koninkryk se nuwe GB News TV Kanaal, wat as ‘n mededinger van die linkse nuus- en aktualiteitsaanbiedinge soos BBC en Sky geposisioneer is, Sondag aand op TV en aanlyn bekendgestel met ‘n spesiale openings program wat aangebied was deur voorsitter en veteraan-omroeper, en voormalige BBC anker, Andrew Neil.

#Gupta 2.0 – Harith, Nuwe Private Eienaar van SAL was deur Mbeki Ramaphosa-faksie Opgestel met Staatspensioenfondse?

Het iemand vir ons gevra? Na die Gupta skandaal aan die lig gekom het, het Pravin Gordhan gesê mense moet die kolletjies verbind, en as ons dit doen, blyk dit dat die privatisering van SAL nog ‘n plundering skema deur die ANC-mafia is. Harith, die nuwe eienaar van SAL, is deur die Mbeki- en Ramaphosa-faksie van die ANC gestig en het moontlik fondse gebruik wat aan die pensioenfonds van die regering (PIC) behoort. Net soos toe multimiljardêr-oligarge na die val van die USSR geskep is, deur openbare staatsbates in privaat sakke te plaas. is die privatisering van die SAL net ‘n massiewe slenter, wat ontwerp is om die SAL vas te vang vir kaders verbonde aan Ramaphosa se faksie van die ANC! Is die SAL doelbewus bankrot gemaak om hierdie buit van ons bates moontlik te maak?

Hoe Gaan Orania ‘n Afrikanerstad Word Maar Ook Verstedeliking Vermy? “Plattelandse Verstedeliking”?

Orania bars tans uit sy nate, en huise verrys soos paddastoele, terwyl grootmaatdienste so vinnig as moontlik aangelê word. Met meer as 10% groei in bevolking elke jaar, word daar gebou dat dit bars omdat Orania mik daarna om ʼn moderne Afrikanerstad te word, met ʼn baie sterk gevoel van plattelandse verstedeliking,

“Saggeaarde Enigste Seun”, 21-jarige Blanke Vermoor vir sy Selfoon Terwyl hy Melk in Mosselbaai Gaan Koop het!

Dood om elke draai in SA: Die 21-jarige inwoner van Mosselbaai, Rikus Raath, is op Saterdag 5 Junie 2021 gevoelloos by ‘n verkeerslig in Louis Fourie Weg doodgesteek, toe hy koelbloedig deur twee rowers vermoor is, terwyl hy die 200 meter van sy huis by The Lofts, na die Total-garage geloop het om melk te koop.

Twee Miljoen Dosisse Johnson&Johnson Entstowwe wat in Port Elizabeth Vervaardig is op Pad Asblik toe!

Die ANC regering se entstof program is in n warboel en chaos gedompel nadat dit bekend geword het dat 2 miljoen van die Johnson&Johnson entstof dosisse, wat in Aspen se Port Elizabeth aanleg vervaardig, is waarskynlik vernietig moet word.

SABC Wil SAUKnuus Sensuur en Toemaak! Moet Ons vir Ons Erfenis Veg of Ingee en Naam Verander?

SABC Wil Ons Sensuur en Toemaak! Moet Ons vir Ons Erfenis Veg of Ingee en Naam Verander?

Dringende Uitroep tot Aksie: Die ANC se SABC hou nie van ons berigte nie, en hulle dreig ons met dagvaardings omdat ons “nie inhoud sensuur nie, en nie hul fact-checkers” gebruik nie. Soos baie weet, as deel van hul poging om Afrikaans tot niet te maak, het de SABC dekades laas die SAUK naam amptelik gebruik, en het ons uitgelos vir die byna 20 jaar wat ons die sauk.co.za domein besit, en die SAUK naam gebruik vir ons Afrikaanse Nuus en Radio. Maar nou dat ons meer aandag trek, met byna 80,000 volgers op FB, meer as 135,000 unieke kuiermense op elk van ons webwerf en radio per maand, en waar ons die ANC se haat en foute daagliks uitbasuin, het hulle besluit om ons te probeer stilmaak.

Skaapdief Moord by #Dirkiesdorp2 – Enkel Staatsgetuie Weerspreek sy Hof Getuienis in SABC Onderhoud!

Soos SAUK Nuus voorheen genoem het, die Dirkiesdorp sake (daar is 2), stem elke dag meer en meer ooreen met die rassistiese Coligny saak, en dit word bewys elke dag wat die sake in die hof voortduur. ‘n Advokaat vir die verdediging, Adv. Jaap Cilliers, het Donderdag ‘n groot slag geslaan toe hy video getuienis vir die hof gewys het, wat die leuens van die Staat in die Dirkiesdorp2 saak uitwys.

Probeer VSA om die Koue Oorlog Terug te Bring? Wie het dit Gewen, of het dit Nooit Ge-eindig nie?

Dit word dag by dag duideliker dat die ver linkse regime in VSA, onder leiding van die Demokrate, Deep State, Sosiale Media, Big Tech, ens.,  nader en nader na ‘n totalitêre regime beweeg, waar selfs woorde ‘n mens in die tronk kan laat beland. Die Russiese president, Vladimir Putin, het die huidige rigting van internasionale betrekkinge-strategie wat die regering van die Verenigde State aanneem, vergelyk met die een wat gelei het tot die ontbinding van die USSR, toe hy die week by SPIEF’21 gepraat het. Daar is al lank bespiegel oor hoe harde kommuniste in 1989, nadat die Berlynse muur afgebring is, die weste ingevaar en regerings van Westerse lande ingesypel het. Angela Merkel, (nee Kasner) ‘n “vorige” kommunis vat van Oos Duitsland afkomstig is, is ‘n goeie voorbeeld. Hoeveel kommuniste het SA toe gekom? Ons wonder ook of die hele “val van kommunisme” net ‘n klug was, om die Weste te kry om hul verdediging t

Iqbal Sharma in Hegtenis Geneem! Ondersoekdirektoraat Lê Beslag op R520 Miljoen Gupta Bates, Insluitend Luukse Eiendomme in Johannesburg en Kaapstad!

Die ondersoekdirektoraat (OD) het beslag gelê op bates ter waarde van meer as R520 miljoen wat aan die Gupta-familie behoort het, hul sakevennoot Iqbal Sharma en sy vrou, Tarina Patel.