Massamedia Verklaar Vladimir Putin as die Nuutste “Bogeyman” – Hoe Globaliste Ons Beheer met Hul “Nuus” Platforms!

Weste demoniseer Putin

Massa media die wêreld oor demoniseer nou vir Vladimir Putin, soos hulle die afgelope 5 jaar met Trump gedoen het, waar hulle, soos gewoonlik, nie al die feite gee nie, of hulle versprei disinformasie, innuendo en fopnuus, net soos hulle gedoen het met hul valse pandemie narratief. Die nuutste “bogeyman” is om hul beheer en invloed oor Ukraine te behou en versterk, maar dit neem natuurlik ook die kollig af van hul totalitêre pandemie agenda, en sleepy Joe Biden se aanhoudende flaters.

Probeer VSA om die Koue Oorlog Terug te Bring? Wie het dit Gewen, of het dit Nooit Ge-eindig nie?

Dit word dag by dag duideliker dat die ver linkse regime in VSA, onder leiding van die Demokrate, Deep State, Sosiale Media, Big Tech, ens.,  nader en nader na ‘n totalitêre regime beweeg, waar selfs woorde ‘n mens in die tronk kan laat beland. Die Russiese president, Vladimir Putin, het die huidige rigting van internasionale betrekkinge-strategie wat die regering van die Verenigde State aanneem, vergelyk met die een wat gelei het tot die ontbinding van die USSR, toe hy die week by SPIEF’21 gepraat het. Daar is al lank bespiegel oor hoe harde kommuniste in 1989, nadat die Berlynse muur afgebring is, die weste ingevaar en regerings van Westerse lande ingesypel het. Angela Merkel, (nee Kasner) ‘n “vorige” kommunis vat van Oos Duitsland afkomstig is, is ‘n goeie voorbeeld. Hoeveel kommuniste het SA toe gekom? Ons wonder ook of die hele “val van kommunisme” net ‘n klug was, om die Weste te kry om hul verdediging t