NVG en Valke te Sleg om hul ANC Makkers te Vervolg, Kruip weg Agter Heksejag vir Dekades oue “Misdade” van Apartheidsera!

Die land val uit mekaar uit en word oorheers deur bendes, kriminele, bedreigers en korrupte ANC kaders, wat Miljarde belastingbetalers geld in hul sak steek, en die NVG en Valke het heeltemal misluk, om enige verskil in die tsunami van misdaad te maak. Inderdaad, nie eens 56 moorde per dag in gruweldade soos plaasmoorde, verkragtings, kapings, huisbesettings, marteling, transito rooftogte waar bombe en masjien gewere gebruik word, ensovoorts, kan hul aanspoor om wet en orde toe te pas nie. Die NVG en Valke wil liewer lyf wegsteek en die ou apartheids donkie looi, om die aap agter die bos te gaan haal, om drie dekade oue “misdade” te gaan soek van die apartheids era. Hulle vergeet dat onder apartheid was die ANC verban, vir goeie rede, want ons sien elke dag die hel wat ANC se sosialisme meegebring het. ‘n Kommunis se misdaad is ‘n ander se veiligheid, en dit is die NVG en Valke se verskoning om nie hul eie makkers te agtervolg nie.

SABC Wil SAUKnuus Sensuur en Toemaak! Moet Ons vir Ons Erfenis Veg of Ingee en Naam Verander?

SABC Wil Ons Sensuur en Toemaak! Moet Ons vir Ons Erfenis Veg of Ingee en Naam Verander?

Dringende Uitroep tot Aksie: Die ANC se SABC hou nie van ons berigte nie, en hulle dreig ons met dagvaardings omdat ons “nie inhoud sensuur nie, en nie hul fact-checkers” gebruik nie. Soos baie weet, as deel van hul poging om Afrikaans tot niet te maak, het de SABC dekades laas die SAUK naam amptelik gebruik, en het ons uitgelos vir die byna 20 jaar wat ons die sauk.co.za domein besit, en die SAUK naam gebruik vir ons Afrikaanse Nuus en Radio. Maar nou dat ons meer aandag trek, met byna 80,000 volgers op FB, meer as 135,000 unieke kuiermense op elk van ons webwerf en radio per maand, en waar ons die ANC se haat en foute daagliks uitbasuin, het hulle besluit om ons te probeer stilmaak.