“Daar sal Bloedvergieting Wees” – Zumas Tart de ANC Regering Uit! Blameer Regbank, Zondo en Madonsela vir sy Ellende

Jacob Zuma het Sondag ‘n byeenkoms van ondersteuners toegespreek buite Nkandla en hulle bedank omdat hulle hom steun teen die gevangenisstraf van 15 maande. Jacob Zuma het nog nie in die openbaar verskyn nie sedert die konstitusionele hof hom tot 15 maande tronkstraf gevonnis het, weens minagting van die hof, nadat hy geweier het om voor die kommissie van ondersoek na staatskaping te getuig.

Iqbal Sharma in Hegtenis Geneem! Ondersoekdirektoraat Lê Beslag op R520 Miljoen Gupta Bates, Insluitend Luukse Eiendomme in Johannesburg en Kaapstad!

Die ondersoekdirektoraat (OD) het beslag gelê op bates ter waarde van meer as R520 miljoen wat aan die Gupta-familie behoort het, hul sakevennoot Iqbal Sharma en sy vrou, Tarina Patel.

ANC Steel Geloofwaardigheid vir Verkiesing met Skorsing Slenter

Al is dit ondenkbaar, het swart kiesers weer vertroue in die ANC-regering begin kry nadat dit bekend geword het dat senior amptenare glo geskors word en dat korrupsie kamma beveg word.

Dit is die mening van ‘n etnoloog wat die politieke verdeeldheid van die regerende party met valkoë dophou. Hy reken daar is duisende ANC-ondersteuners wat siek en sat is vir die diefstal, misdaad en korrupsie waarby senior partyleiers betrokke is.

Luister Hier:


Die feit dat

SAUK Nuus: Het Ace nog Truuks Oor? Plaasaanvalle in Kuruman en Balfour, Nkandla Te Koop, Kaderontplooiing Verwoes die Land, Wisselkoers en Meer…

SAUK Radio Nuus van die dag. Skakel elke dag in om 7 uur soggens, 1 uur smiddags en 7 uur namiddag om na SAUK Radio se Nuus Bulletin te luister wat vir jou die nuus van die dag bring wat die blanke volk raak. Ons gebruik ‘n lae band stroom so dit neem nie baie data om heeldag lekker te luister nie. Stuur asseblief U nuus brokkies of pers-verklarings aan nuus “by” sauk.co.za. Indien U die nuus wil borg of wil adverteer, skakel ons gerus – alle inkomste word op ons platform spandeer. Indien U wil bydrae tot hierdie inisiatief, of ‘n potgooi het om uit te saai, kontak ons asb.

SAUK Nuus Bulletin: Messe Uit vir Cyril, Hugo Ras in die Tjoekie, Nuwe Brandstof Pryse, Weer en Meer!

Diep verdeeldheid binne die ANC loop diep maar Ramaphosa beweer dat slegs die ANC-kongres mag het om hom te herroep.

Volgens berigte oor die naweek wil sekere lede van die ANC regering Cyril Ramaphosa afdank, maar Ramaphosa self is van mening dat net die ANC Kongres hom kan afdank. Ramaphosa het onlangs uitsprake gemaak wat hewige kritiek, waarskynlik vanuit die Zuma-kamp, uitlok. Ramaphosa is egter van mening dat sekere lede of moet bedank, of hulle sal geskors word.

Cyril Ramaphoza is baie duidelik oor sy oortuiging dat slegs die Kongres oor die nodige mag beskik om hom af te dank of herroep. Die kwessie sal glo by volgende week se ANC konferensie bespreek word.