Zuma se Gesteelde Geld is Klaar – Hy Bedel nou by Ondersteuners om vir Regskoste te Betaal!

Zuma se Gesteelde Geld is Klaar - Hy Bedel nou by Ondersteuners om vir Regskoste te Betaal!

Jacob Zuma moet ‘n hernude ronde hofgevegte onderneem, en hy bedel nou dat sy ondersteuners moet help om sy regskoste te betaal

Wie Kaap Wie? Ramaphosa Komplementeer sy Gekaapte “Pick ‘n Mix” Zondo Kommissie oor Staatskaping, wat hy van Zuma Gekaap het!

Wie Kaap Wie? Ramaphosa Komplementeer sy Gekaapte "Pick 'n Mix" Zondo Kommissie oor Staatskaping, wat hy van Zuma Gekaap het!

Al is die korrupsie van die kommissie na staatskorrupsie heelwat sigbaar vir diê wat aandag skenk, blyk dit dat Ramaphosa helfte van die mense gefop het, en die Zondo Kommissie omgekeer het na ‘n self promoverings platform, net soos hy gedoen het met die ANC Zuma geweld, wat hy gebruik het om sy mag in die ANC en in die regering  te versterk. ‘n Meningspeiling het gemengde reaksies getoon op die werk wat die staatskommissie van ondersoek verrig het, sedert dit drie jaar gelede gestig is.

Ramaphosa se Kaderontplooiing het SA Vernietig! DA Soek Debat want ANC Self Weet nie Eens Watse Kaders Waar Ontplooi is nie!

Ramaphosa se Kaderontplooiing het SA Vernietig! DA Soek Debat want ANC Self Weet nie Eens Watse Kaders Waar Ontplooi is nie!

#EndCadreDeployment Die amptelike opposisie, die Demokratiese Alliansie (DA), het aan die waarnemende speaker van die nasionale vergadering, Lechesa Tsenoli, geskryf en gevra vir ‘n parlementêre debat oor die sosialistiese kaderontplooiing wat deur die African National Congress (ANC) toegepas word, omdat hulle glo dit het gelei tot die ineenstorting van die staat. Hulle het hierdie versoek as ‘n saak van nasionale belang beklemtoon.

Skorsing (met Volle Salaris) van Ministers is nie Genoeg nie! 81% sê Korrupte Ministers Moet Afgedank Word!

Die lang lys van ANC ministers wat geskors word, of van hul pligte verlos word, gewoonlik nog op volle salaris, het groot debat ontlok. Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, is een van die mees onlangse ministers wat geskors is nadat hy in Junie op “spesiale verlof” geplaas is, hangende ‘n ondersoek na ‘n kontrak tussen die departement van gesondheid, en diensverskaffer Digital Vibes, met wie hy persoonlike vriende was, wat na bewering verdag is.

Openbare Beskermer en ConCourt Speel Met Woorde Wyl Ramaphosa sy CR17 Bankstate Wegsteek!

Die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het die konstitusionele hof genader om te versoek dat dit hul verklaring dat sy die Uitvoerende Etiese Kode “verander het” as deel van haar ondersoek na die ‘CR17’ -veldtog vir befondsing, herroep, omdat hulle glo van twee verskillende weergawes van die Uitvoerende Etiese Kode lees. 

Cele nie Haastig (of Bang) om Zuma in Hegtenis te Neem, Wyl Lindiwe Sisulu Media Beskuldig van Veroordeling!

Ons het nog altyd gesê dat ANC kaders baie skaars mekaar blameer of verklik, maar dit blyk dat die Zuma affêre die ANC leiers in ‘n moeilike posisie plaas. Die minister van polisie, Bheki Cele en die nasionale polisiekommissaris, Khela Sitole het die Grondwethof skriftelik in kennis gestel, dat hulle nie nou al vir oud-president Jacob Zuma in hegtenis gaan neem nie, hangende die twee hofaansoeke wat Zuma gebring het, om sy vonnis te hersien. Dit kom na die grondwetlike hof Zuma verlede week skuldig bevind hat aan minagting van die hof, en hom tot 15 maande tronkstraf gevonnis het, nadat hy nie ‘n bevel om voor die ondersoek na staatskaping te verskyn, nagekom het nie, maar Zuma beweer sy konstitusionele reg tot stilswye is hiermee geskend.

“Daar sal Bloedvergieting Wees” – Zumas Tart de ANC Regering Uit! Blameer Regbank, Zondo en Madonsela vir sy Ellende

Jacob Zuma het Sondag ‘n byeenkoms van ondersteuners toegespreek buite Nkandla en hulle bedank omdat hulle hom steun teen die gevangenisstraf van 15 maande. Jacob Zuma het nog nie in die openbaar verskyn nie sedert die konstitusionele hof hom tot 15 maande tronkstraf gevonnis het, weens minagting van die hof, nadat hy geweier het om voor die kommissie van ondersoek na staatskaping te getuig.

Zuma en Ramaphosa Skandale Bewys Politisering van die Openbare Beskermer en Konstitusionele Hof!

Dit is welbekend dat baie presidente President geword het om weg te kruip van agtervolging van korrupsie of ander skandale, en dit is nêrens waarder as wanneer jy eers president van SA geword het, dat jy kwytskelding van alle misdade sal kry. Met stories wat alewig verander, “sukkel” die arme OB en Konstitusionele Hof om Zuma se korrupsie te kan straf, en nou wil dit voorkom of Ramaphosa se leuens, of te wel “verandering van stories” ook onder die mat gevee word, omdat na hul mening, die area van ondersoek glo buite die veld van die OB val.

“Die Kwaad Konstitusionele Hof is Geregtelik Emosioneel en nie in Ooreenstemming met ons Grondwet nie” – Zuma-stigting

Oudpresident Jacob Zuma se stigting het die uitspraak van die Konstitusionele hof, wat 15 maande tronkstraf opgelê het vir minagting, gekritiseer en gesê dit is “emosioneel en nie in ooreenstemming met ons grondwet nie”. Siende dat diê hof ook rassisme teen blankes goedgekeur het, met betrekking tot Covid hulp, is dit al lank bekend dat die Grondwet ignoreer word deur die hof, en hierdie soort betwissing die nagevolge daarvan is.