NUUS! Moeg dat blankes afgeskeep of aangeval word in die nuus? Stig ‘n plaaslike of dorp’s nuusblad!

nuus

Met ons help kan U of U gemeenskap nou ‘n nuusblad skep vir U plaaslike dorp! Ons verskaf die webwerf, hosting en domeinnaam (bv. dorpnaam.nuus.net).

Babelisme – Die Bou van die Toring van Globalisme (Genesis 11 : 1-9)

Babelisme – Die Bou van die Toring van Globalisme (Genesis 11 : 1-9)

WAAR IS DIE VOLK? Die meerderheid Afrikaans sprekendes is nie-Europeërs, en so ook is die meerderheid radio RSG luisteraars nie-Europeërs. Vra nie waar is die volk se leiers nie, maar vra eerder waar is die volk? Hulle klouter by die Toring van Babel op om naam te maak, as die reënboognasie Suid Afrika, en om “Een” te wees.

Konstitusionele Hof Verklaar UNISA Taalbeleid Ongrondwetlik na 5 Jaar Lange Hofsaak!

Konstitusionele Hof Verklaar UNISA Taalbeleid Ongrondwetlik in 5 Jaar Lange Hofsaak!

Dit is tragies dat die howe die ware diversiteit van Suid-Afrika, met ‘n dosyn tale, van die ANC regime moet beskerm, maar dit bly egter onverkwiklik dat die regering diversiteit predik maar eentaligheid toepas. Aan die vooraand van Erfenisdag is die uitspraak dus gepas deurdat dit die taalregte van studente erken en ʼn bepaalde verpligting ten opsigte van uitvoering aan Unisa opgelê het. Dit is ewe onverkwiklik dat taal- en kultuurgemeenskappe hulle in die finale instansie na die howe moet wend om hulle regte op te eis aangesien diverse tale met spesifieke verwysing na Afrikaans, grootliks uitgerangeer word, veral by histories Afrikaanse universiteite.

Sal ons Almal op ons Oudag Vermoor Word? Bejaarde Danielskuil man Sterf na hy met Gholfstok Geslaan is Gedurende Huisinval!

‘n Lewe vir ‘n TV? ‘n Bejaarde inwoner van Danielskuil in die Noord-Kaap, At van der Merwe, is dood aan ‘n hartaanval veroorsaak deur skok toe hy met ‘n gholfstok getref is, toe hy en sy vrou, albei in hul 70’s, vroeg op Vrydagoggend 24 Julie 2021, in hul huis aangeval is. Sy baie brose vrou, Elize, se een been is gebreek toe een van die aanvallers op haar been gespring het. 

SABC Wil SAUKnuus Sensuur en Toemaak! Moet Ons vir Ons Erfenis Veg of Ingee en Naam Verander?

SABC Wil Ons Sensuur en Toemaak! Moet Ons vir Ons Erfenis Veg of Ingee en Naam Verander?

Dringende Uitroep tot Aksie: Die ANC se SABC hou nie van ons berigte nie, en hulle dreig ons met dagvaardings omdat ons “nie inhoud sensuur nie, en nie hul fact-checkers” gebruik nie. Soos baie weet, as deel van hul poging om Afrikaans tot niet te maak, het de SABC dekades laas die SAUK naam amptelik gebruik, en het ons uitgelos vir die byna 20 jaar wat ons die sauk.co.za domein besit, en die SAUK naam gebruik vir ons Afrikaanse Nuus en Radio. Maar nou dat ons meer aandag trek, met byna 80,000 volgers op FB, meer as 135,000 unieke kuiermense op elk van ons webwerf en radio per maand, en waar ons die ANC se haat en foute daagliks uitbasuin, het hulle besluit om ons te probeer stilmaak.

Hoërskool DF Malan in Belville wil so Graag die Knie Buig en Naam Verander, maar het nog nie ‘n “Inklusiewe” Naam nie!

Volksmoord Hoër? Die Hoërskool DF Malan in Belville beweer dat hulle beoog om sy beplande naamsverandering ‘n inklusiewe proses te maak, maar het geen nuwe naam of lys van name in gedagte nie? Klink meer soos oorgawe aan die globalistiese volksmoord voordat die vyand selfs gesien is, of is dit net trapsoetjies vir ‘n besluit wat klaar geneem is en skelm deurgedruk word?

Die skool se voorsitter van die beheerliggaam, André Roux, het die afgelope naweek bevestig dat hulle die proses sal begin om die skool se naam te verander, maar benadruk dat hierdie besluit deel uitmaak van ‘n maande lange konsultasieproses, waartydens alle aspekte van die skool se identiteit en toekoms visie bespreek is. Hy noem egter nie waar die idee om die naam te verander vandaan kom nie?

Luister Hier:


Maties is nou ‘n Globalistiese Onderdrukker wie se Nuwe Embleem en Taalbeleid Bewys Swartes Kies Engels Bo Hul Eie Tale!

Dit is duidelik dat die gesprek by Universiteit Stellenbosch (US) nie gaan oor meertaligheid nie, maar liewer hoe om Afrikaans, die derde mees gesproke taal in die land, te verwyder, en engels, die vierde mees gesproke taal, heel bo te plaas. Dit blyk dat die kommunistiese taktiek van “inkrementalisme” toegepas word, waar elk “nuwe” taalbeleid teen ’n versnelde en rampspoedige spoed, verengelsing implementeer. Hoe meer nuwe taalbeleide en hersienings, hoe gouer die verengelsing, wyl min besef dat hulle vinniger af die gladde afgrond gly. Nog minder besef hulle, dat al is Afrikaans vyand nommer een, die bantoe tale net soveel in die visier is…

Met die hoeveelste nuwe konseptaalbeleid wat selfs Afrikaans as inheemse taal ontken, maar nie engels se inheemsheid bevraagteken nie, waar akademici hul woorde moet tel wanneer hulle met die militante ver links gedrewe media praat, en nogal koshuise wat studente verbied

Wêreldnuus: Boereoorlog Sjokolade, Iran Weier om Uraanverryking te Staak, NATO Teen Russiese Belange in Oekraïne, en VSA Korporasies Weerklink Linkse Disinformasie…

Al begin die pandemie afwaartse neigings toon, is daar teikens dat wêreldvrede meer onstabiel raak. Mens wonder soms hoe wêreldleiers heeldag oor wêreldvrede en internasionale diplomatiek preek, terwyl hulle geheime staatsdienste het soos CIA, FBI, KGB, MOSSAD ens. ens. wat koue oorlog teen mekaar voer.

Noudat die Ever Given se Suez Kanaal blokkade oor is, en die dreigende gevaar van Iran blyk om te bedaar na die Irannese afvaardiging hul eerste vergadering as “konstruktief” gekarakteriseer het, al het Iran die VSA se aanbod om Iran se 20% uraanverryking te staak in ruil vir die vrylating van $1 Miljard van Iran se bates, afgekeur. Maar daar was nog steeds islamitiese aanvalle in New York en by die Kapitaal gebou in Washington DC, al probeer hoofstroom media die feit verdoesel, asook Mozambique. Daar was ook verskeie ander wêrelddele waar gevaar seine begin flikker.

Luister na die potgooi hier:

[embed]https://youtu.be/zcwB47cpV0s[/emb

Deeltydse Vertalers en Skrywers Gesoek: Ons Benodig Bydraers vir SAUK Nuus se Volksgesinde Platforms. (Nie Deel van SABC nie).

WAARVOOR WAG ONS? Verdien ‘n bietjie sakgeld terwyl U ons platform gebruik om jou vaardigheid te ontwikkel, te leer en ons mense te help. Ons het natuurlik nie die bodemlose sakke van die globaliste nie, wat die ANC se “struggle” meelopers na VSA, Kanada, Europa en Rusland gestuur het, om deur Marxiste geleer te word hoe om mense te breinspoel. Hierdie linksgesinde mense is nou in gesag in SA en die gevolge hiervan is wat ons volk elke dag in hoofstroom media lees, en deel! Is dit enige wonder ons mense buig die knieë en aanbid ander volke en ander gode? Tyd om terug te veg, en U kan ons help.

Ons soek spesifiek skrywers en vertalers (Afrikaans / Engels / Nederlands / Duits) om ons volk reg te help met nuus en informasie wat nie sekere feite weerhou nie, soos hoofstroom media doen nie. Ons wil ook streeksbydraers vind.

Kennis van hoe om met Wordpress en Facebook te pos sal ‘n voordeel wees, maa

Drie van SA stede onder die 50 gevaarlikste ter wêreld

Volgens ’n verslag van die Mexikaanse burgerraad vir openbare veiligheid en strafreg het Suid-Afrika drie van die 50 gevaarlikste stede ter wêreld.

Die gevaarlikste stad en die 11de gevaarlikste ter wêreld is Kaapstad met 2 868 moorde wat slegs in 2018 hier gepleeg is uit ’n bevolking van 4 322 031.

Die tweede gevaarlikste stad in Suid-Afrika is Port Elizabeth, wat die 45ste plek op die lys beklee. In 2018 is 478 moorde uit ’n bevolking van 1 220 616 gepleeg.

Durban, die derde gevaarlikste stad in Suid-Afrika, beklee die 47ste plek op die lys – 1 562 moorde is in 2018 in ’n bevolking van 4 055 969 gepleeg.

Die gevaarlikste stad ter wêreld is Tijuana in Mexiko waar daar in 2018 is 2 640 moorde gepleeg is in ’n bevolking van 1 909 424.

Die tien gevaarlikste stede kom almal in hierdie lande voor: Mexiko (vyf), Venezuela (drie) en Brasilië (twee). Bronne: USAToday en Seguridadjustice, verwerk.