Forum vir Demokrasie (FvD) in Nederland Samel 50,000 Euro in Twee dae in om Youtube Hof toe te Neem oor Sensuur!

Die Nederlandse konserwatiewe politieke party Forum vir Demokrasie (FvD), gaan die Amerikaanse videoplatform YouTube dwing om nie video’s van die platform te verwyder nie, deur middel van ‘n regsgeding. Solank die inhoud nie die Nederlandse wet oortree nie, kan dit op die platform wees. In ‘n verstommende bewys van hoe sterk gevoelens oor Youtube se anti konserwatiewe sensuur is, het die FvD party ‘n bedrag van 50 duisend Euro, binne twee dae, by lede en simpatiseerders ingesamel, om vir die hofsaak te kan betaal.

Twee Miljoen Dosisse Johnson&Johnson Entstowwe wat in Port Elizabeth Vervaardig is op Pad Asblik toe!

Die ANC regering se entstof program is in n warboel en chaos gedompel nadat dit bekend geword het dat 2 miljoen van die Johnson&Johnson entstof dosisse, wat in Aspen se Port Elizabeth aanleg vervaardig, is waarskynlik vernietig moet word.

Eskom topbestuur bespreek kragvoorsienaar se geldkrisis in Amerika

Die topleiers van Eskom is tans in Washington D.C. in Amerika om met beleggers en finansiers te praat oor hoe hulle Eskom uit sy huidige verknorsing gaan haal, het Nelisiwe Magubane, nie-uitvoerende direkteur van Eskom, Donderdag gesê.

Magubane het voor die parlement se staande komitee oor toedelings verskoning gemaak dat Jabu Mabuza, voorsitter van Eskom, en Phakamani Hadebe, waarnemende uitvoerende hoof, nie Donderdag hul afspraak met die komitee kon nakom nie.

Calib Cassim, waarnemende finansiële hoof, is ook saam op die uitstappie na Washington D.C. as deel van ’n internasionale toer na finansieringsinstellings en beleggers.

Magubane, voormalige direkteur-generaal van energie, het aan die komitee gesê Eskom is op koers om kontrakte te hersien en korrupsie uit te roei en verwag ’n beter ouditverslag vir die lopende boekjaar. Sy sê ’n permanente uitvoerende hoof behoort binnekort aangekondig te word en ’n permanente finansiële hoof sal