Brittanje en Denemarke wil Onwettige Migrante Rwanda Toe Stuur Wyl hul Aansoek vir Asiel Oorweeg Word

Volgens nuwe wetgewing wat oorweeg word, moet asielsoekers na die gesamentlike Anglo-Deense verwerkingsfasiliteit in Rwanda gestuur word. Die VK se minister van binnelandse sake, Priti Patel, sal volgende week wetgewing instel wat die regering in staat stel om asielsoekers na die verwerkingsfasiliteit in Rwanda te stuur.

Brittanje Kry Splinternuwe Nuus TV Kanaal, GB News, Wat Teen Linkse “Woke Cancel Culture” Posisioneer!

Na beleggings van meer as 60 Miljoen Pond, was die Verenigde Koninkryk se nuwe GB News TV Kanaal, wat as ‘n mededinger van die linkse nuus- en aktualiteitsaanbiedinge soos BBC en Sky geposisioneer is, Sondag aand op TV en aanlyn bekendgestel met ‘n spesiale openings program wat aangebied was deur voorsitter en veteraan-omroeper, en voormalige BBC anker, Andrew Neil.

Indië Ontvang Ook Foutiewe Mediese Beskermingstoerusting (PPE) van China, Wat van SA? China Stel Lewens in Gevaar Omdat dit Foutiewe Mediese Toerusting “Skenk” om sy #CCPVirus Skuld te Bedek!

Terwyl die ANC regime China prys vir die ontvangs van ‘n vrag persoonlike beskermingstoerusting (PPE) uit China, sluit Indië by die lang lys lande aan wat kla dat hulle deur China se altruïstiese propagandaveldtog gekul is. Indië het 50,000 foutiewe PPE van China ontvang. Soos Suid-Afrika en baie ander desperate lande, was die uitrusting ook deel van ‘n propagandaveldtog om China se beeld as ‘n wêreldmag te verbeter, kommunisme te bevorder, en ook om hul CCPvirus skuld te bedek na China COVID19 aan die wêreld gegee het, wat nou byna 150,000 mense doodgemaak het. Dit is egter baie onwaarskynlik dat die pro-Chinese ANC ooit sal erken dat SA foutiewe toerusting van sy kommunistiese eweknie, China, ontvang het.

Volgens die Indiese Ministerie van Gesondheid (ICMR) het China se swak kwaliteitskontrole nou ‘n wêreldwye hoofpyn geword, juis in die tyd dat die wêreld die hulp broodnodig het. Dit is amper soos om iemand in die water te stoot, en dan voor te gee dat jy

W.H.O. Direkteur-generaal sê die Wêreld Moet Toegesluit Bly Terwyl China Oopmaak en ‘n Voorsprong in Wêreldekonomie Kry! 870,000 Onderteken ‘n Petisie vir sy Bedanking!

Die omstrede direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), Tedros Adhanom Ghebreyesus, wat deur baie daarvan beskuldig word dat hy nog ‘n Chinese agent in ‘n globalistiese organisasie is, het sy Chinese lojaliteit bewys deur ander lande van die wêreld te sê om gesluit te bly, maar China mag weer aan die gang kom en hul ekonomie weer begin om ‘n voorsprong in die wêreldekonomie te kry. Hoe gerieflik vir die land wat die CCPvirus begin het! Intussen het meer as 870,000 mense ‘n versoekskrif onderteken waarin gevra word dat Tedros moet bedank (sien die onderstaande grafiek met sy foute)!

As U gedink het dat die Chinese invloed op wêreldorganisasies soos die VN en die Wêreldgesondheidsorganisasie toevallig is, dink weer. Dit is deel van ‘n doelbewuste komplot om wêreldwye oorheersing te bekom en om kommunistiese beleid wêreldwyd te versprei. Dit is bewys toe China ‘n brief van “solidariteit” aan 230 globalistiese linkse partye geskryf het waarin