Liberale Naspers is ook Oorlogsugtig teen Rusland, Maar wat is die ware motiewe?

Liberale Naspers is ook Oorlogsugtig teen Rusland, Maar wat is die ware motiewe?

Naspers het lank gelede die besluit geneem om die liberale “reënboogland” te help instel en globalisme te bevorder, maar nou skielik verdedig hulle die nasionalisme van Ukraine? Dit nieteenstaande die feit dat liberale Naspers die skoothond van die Chinese Kommunistiese Party is, omdat die oorgroot meerderheid van Naspers se waarde in China is – aan die kant van Westerse liberalisme en globalisme val, wat nog ‘n nasiestaat probeer vernietig, in ‘n lang lys van verowerde nasiestate oor die laaste halwe eeu…

Jong Suid-Afrikaner Kry Lewenslank Tronkstraf in Thailand na sy vir Pakkie Teken wat Dwelms Bevat, Gerig aan Haar Werkgewer!

Jong Suid-Afrikaner Kry Lewenslank Tronkstraf in Thailand na sy vir Pakkie Teken wat Dwelms Bevat, Gerig aan Haar Werkgewer!

Familie, vriende en ‘n groeiende groep besorgde ondersteuners van Ashley Oosthuizen (22), ‘n jong Suid-Afrikaanse meisie, wat twee jaar gelede lewenslank in ‘n Thaise tronk toegesluit was, doen ‘n beroep op die ANC-regering in SA om dringend aandag aan haar saak te gee. Oosthuizen se familie vrees ook dat hulle haar nou min sal kan kontak, nadat sy onlangs na ‘n nuwe tronk verskuif is. Haar ouers het glo in Desember verlede jaar laas met haar gepraat.

Na Meer as R500 Miljard en Twee Jaar se Totalitarisme, Stop ANC Stilletjies hul Drakoniese Inperking Maatreëls, Maar het ONS Enigiets Geleer?

SA Howe nie Meer Sekuur nie! Hoe Lank Voor SA Balkaniseer en as 'n Humanitêre Ramp Verklaar Word?

Nadat baie mense en organisasies soos PANDA, die Solidariteit Beweging en Nuus.net, nou al vir amper 2 jaar vir die ANC gesê het dat lockdowns nie werk nie –  en die bietjie van die ekonomie wat oorgebly het verder sal vernietig – en organisasies soos AfriForum en Solidariteit drakoniese lockdown maatreëls ook in die hof probeer beveg het – waar die ANC se handpop regters alle aansoeke teen die ANC se lockdowns en noodtoestand eenvoudig afgeskiet het, is lockdowns en kwarantyn prosedure nou so stil-stil effektief afgeskaf.

IMF en Wêreldbanksters het ANC en “anti-rassisme” gebruik om Suid-Afrika tot Permanente Skuldslawerny te kul!

Hoe groot ‘n leuen sou jy vertel vir $156 miljard USD? ‘n Mens hoef net na die groot getalle wat betrokke is te kyk, om te besef dat Suid-Afrikaners gefop is, ter waarde van $156 BILJOEN USD! Suid-Afrikaners is letterlik met valse skuldgevoelens gekul om hul land aan globalistiese bankiers weg te gee, vir skynheiligheid. Suid-Afrikaners is ook mislei om hul agterkleinkinders se toekoms uit te verkoop. Tydens Apartheid was Suid-Afrika skuldvry, maar nadat Mandela vrygelaat is, het SA in 1992 reguit na die 4de plek van nasies met skuld in Afrika gespring! Nou in 2021 het Suid-Afrika die meeste buitelandse skuld in Afrika, nadat die ANC DUBBEL die buitelandse skuld van die 2de geplaasde land in Afrika, bestee het! Dink U nog die einde van Apartheid het enigiets met rassisme te doene gehad?

Rassistiese NVG! Geen Klagtes Teen Swart Taxibestuurder wat Wit Pa en Seun Doodskiet, Maar Blankes Word vir Veel Minder Aangekla Sonder Borgtog!

Rassistiese NVG! Geen Klagtes Teen Swart Taxibestuurder wat Wit Pa en Seun Doodskiet, Maar Blankes Word vir Veel Minder Aangekla Sonder Borgtog!

Dubbele standaarde by die NVG is institusioneel, en dit is nie eers meer betwisbaar nie dat die NVG, met hul 90% of meer swart personeel, diskrimineer op grond van ras ten opsigte van vervolgingsbesluite en ander verantwoordelikhede soos die toekenning van borgtog, ens. Ons het nou al verskeie kere gesien dat die NVG met agressie wit persone aankla, borgtog ontken en die hele klagteboek na hulle toe gooi, of hulle skuldig is aan ‘n misdaad of nie, maar ‘n swart taxibestuurder wat ‘n wit pa en seun doodgeskiet het in ‘n verkeersargument, word egter nie eers vervolg nie. Dit terwyl verskeie onskuldige boere sonder borgtog aangehou word.

VF+ Verkiesingsmanifes Roep vir Afskaffing van BSEB – PaNazi Lesufi Antwoord dat BEE sal bly “totdat wit voorvaders se sondes uitgewis is”

VF+ Verkiesingsmanifes Roep vir Afskaffing van BSEB - PaNazi Lesufi Antwoord dat BEE sal bly "totdat wit voorvaders se sondes uitgewis is"

Panyaza Lesufi, die Hoë Priester van swart supremasisme en Afrikaner hater van formaat, het beweer regstellende aksie – as jy wit is, is jy uit – is hier om te bly “totdat die sondes van jou voorvaders uitgewis is.” Dit sal natuurlik vir ewig wees want die ANC sal maar altyd nuwe sondes bly skep en uitdink. Die anti-wit volksmoordenaar het sommer vir Orania ingesleep en gesê Orania moet waai.

Goedkoop Swart Arbeid en Vriende, is Lewensduur! Blanke Werknemer Vermoor deur Swart Werker en Vriend na Braai!

Goedkoop Swart Arbeid en Vriende, is Lewensduur! Blanke Werknemer Vermoor deur Swart Werker en Vriend na Braai!

Die slang in die gras: Weereens word ons herinner dat multikulturisme oral in die wêreld misluk het, met die nuus dat ‘n swart werker, wat glo so veel deur sy wit werkgewer vertrou was dat hy hom gereeld genooi het vir ‘n braai, sopas skuldig bevind is aan die moord van die doktor, wat ook ‘n man, pa, broer en oupa was. Moet blankes herinner word hoe die ANC rewolusie se “necklacing” gewerk het, waar matige swartes geradikaliseer was teen blankes? Dit neem net een dreigement om jou swart werker of vriend om te skep na jou vyand. Soos met moslems waar die rewolusionêre radikales tussen die matiges wegkruip, soos ‘n slang in die gras, so ook met swart rewolusionêre radikales wat tussen ons swart werkers en “vriende” verkeer. 

Konstitusionele Hof Verklaar UNISA Taalbeleid Ongrondwetlik na 5 Jaar Lange Hofsaak!

Konstitusionele Hof Verklaar UNISA Taalbeleid Ongrondwetlik in 5 Jaar Lange Hofsaak!

Dit is tragies dat die howe die ware diversiteit van Suid-Afrika, met ‘n dosyn tale, van die ANC regime moet beskerm, maar dit bly egter onverkwiklik dat die regering diversiteit predik maar eentaligheid toepas. Aan die vooraand van Erfenisdag is die uitspraak dus gepas deurdat dit die taalregte van studente erken en ʼn bepaalde verpligting ten opsigte van uitvoering aan Unisa opgelê het. Dit is ewe onverkwiklik dat taal- en kultuurgemeenskappe hulle in die finale instansie na die howe moet wend om hulle regte op te eis aangesien diverse tale met spesifieke verwysing na Afrikaans, grootliks uitgerangeer word, veral by histories Afrikaanse universiteite.

Jesse Duarte Verteenwoordig Onwerkbare, Verouderde en Onrealistiese ANC Faksie-Denke

Jesse Duarte Verteenwoordig Onwerkbare, Verouderde en Onrealistiese ANC Faksie-Denke

Die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsregte het kennis geneem van Jesse Duarte, ANC Sekretaris-Generaal, se uitlatings oor Onteiening sonder Vergoeding tydens ʼn media konferensie Maandag. Tydens die onderhoud het sy op die ideologiese snaar voortborduur dat Onteiening sonder Vergoeding (OSV) die kern is van ekonomiese ontwikkeling.

SA se Adjunkhoofregter, Raymond Zondo, Beweer hy het ‘n Fout Gemaak en Versoek WEER ‘n Uitstel vir die Ondersoek na Staatskaping!

Die Adjunkhoofregter van SA, Raymond Zondo, Erken hy het 'n fout Gemaak en Versoek WEER 'n uitstel vir die Ondersoek na Staatskaping!

Al het Tito Mboweni belowe dat daar nie meer geld is om die Staatsondersoekskommissie te finansier nie, het die Zondo kommissie steeds ‘n vyfde uitstel versoek. Nie dat enigiemand verbaas is nie dat die staatsondersoek ‘n verdere verlenging soek nie, hierdie keer tot Desember, maar dat die land se Adjunkhoofregter so ‘n groot misrekening herhaaldelik kan maak, is ‘n groot kommernis, of is dit net dat hulle bloot nie genoeg geld verdien het nie en Kersfees presente wil koop? Dalk is dit tyd dat hy aftree?