Orania se Digitale Geldeenheid, d’Ora Bekendgestel deur die Orania Sakekamer!

Orania het laas maand op ekonomiese terrein ʼn baie belangrike tree geneem toe die Ora, Orania se eie geldeenheid wat aan die Rand vasgepen is, ‘n digitale weergawe gekry het, wat aan die gemeenskap vrygestel is! Die dOra is ʼn projek wat al vir ʼn hele ruk ontwikkel word, en na verskillende ‘voertuie’ vir hierdie projek oorweeg is, is daar verlede jaar heelwat vordering gemaak en ʼn toepassing is gebou.

Hoe Gaan Orania ‘n Afrikanerstad Word Maar Ook Verstedeliking Vermy? “Plattelandse Verstedeliking”?

Orania bars tans uit sy nate, en huise verrys soos paddastoele, terwyl grootmaatdienste so vinnig as moontlik aangelê word. Met meer as 10% groei in bevolking elke jaar, word daar gebou dat dit bars omdat Orania mik daarna om ʼn moderne Afrikanerstad te word, met ʼn baie sterk gevoel van plattelandse verstedeliking,