R120 Miljoen se Kontant van OTMs en Banke Gesteel Gedurende ANC Onluste, wat Meer Georganiseerde Misdaad en Korrupsie Finansieer!

R120 Miljoen se Kontant van OTMs en Banke Gesteel Gedurende ANC Onluste, wat Meer Georganiseerde Misdaad en Korrupsie Finansieer!

Meer as R120 Miljoen se harde kontant is by kitsbanke en banke gesteel tydens die onlangse ANC geweld, wat middel Julie deur dele van Gauteng en KwaZulu-Natal gespoel het. Hierdie bedrag is baie hoër as die aanvanklike ramings en sluit nie die herstelkoste in nie.

Interpol Reik Rooi-kennisgewings Uit Teen die Gupta-broers en hul Vrouens om vir Aanklagte in SA Verhoor te Word

Volgens die ondersoekdirektoraat (ID) het die pogings om die Gupta-broers en hul vrouens na SA terug te bring toegeneem, om tereg te staan op aanklagte, na Interpol rooi kennisgewings oor hul inhegtenisneming uitgereik het.

Iqbal Sharma in Hegtenis Geneem! Ondersoekdirektoraat Lê Beslag op R520 Miljoen Gupta Bates, Insluitend Luukse Eiendomme in Johannesburg en Kaapstad!

Die ondersoekdirektoraat (OD) het beslag gelê op bates ter waarde van meer as R520 miljoen wat aan die Gupta-familie behoort het, hul sakevennoot Iqbal Sharma en sy vrou, Tarina Patel.

ANC Regime Verryk sy Sosialistiese Vennoot Kuba met 1 Miljard Rand om Toerusting te Onderhou, Betaal deur die Belastingbetaler!

Die Departement van Verdediging en Militêre Veterane het erken dat meer as R1 miljard die afgelope tien jaar aan Kubaanse diensverskaffers gegee is, as deel van die projek Thusano, om toerusting te herstel en onderhou. Maar dan kla die minister omdat die Weermag se medium termyn begroting verminder is?

Hierdie skokkende detail het na vore gekom in antwoord op ‘n parlementêre vraag van die DA, wie se woordvoerder vir verdediging, Kobus Marais, gesê het dat dit onverklaarbaar is waarom sulke take aan die Kubane uitgekontrakteer word, terwyl die Suid-Afrikaanse wapenverskaffers sukkel weens gebrek aan werk.

Luister Hier:


VIDEO: Kuba Val Uitmekaar Uit Maar SA Voer Kubaanse Ingenieurs in? Dit is net Geldwassery! Moet SA Solidariteit se 120 Ingenieurs na Kuba Stuur?

Suid-Afrikaners weet die Kubaanse Doktors en Ingenieurs net ‘n geldwasseryskema is waar ons belastingbetalers se geld direk aan die Castro regime in Kuba gegee word. Soos VSA se voormalige Direkteur van die Sentrale Intelligensie Agentskap (CIA) en Minister van buitelandse sake, Mike Pompeo laas jaar genoem het, die doktors en ingenieurs kry net 10% van die geld van die Kubaanse regime af. Verder, is Ou Havana dalk ‘n gewilde plek vir toeriste wat Kuba besoek, maar dit is ook ‘n plek waar inwoners daagliks water tekort het. Solidariteit het intussen ‘n lys van meer as 120 bekwame en gewillige Suid Afrikaanse ingenieurs aan minister Lindiwe Sisulu gestuur.

Die bohaai volg nadat Lindiwe Sisulu 24 Kubaanse ingenieurs laas week verwelkom het om glo die ANC se waterkrisis in Suid-Afrika aan te spreek, maar dit blyk dat Kuba die 120 Suid-Afrikaanse ingenieurs meer nodig het as wat Suid-Afrika 24 Kubaanse wateringenieurs benodig. Die 24 Kubane sal Suid-Afrika se