Blanke Plaaswerker Wreedaardig Vermoor op Plaas in Mosselbaai – word Totaal Ignoreer deur Hoofstroommedia!

‘n Plaasmoord in die Mosselbaai-omgewing het byna ‘n week geneem van wat dit gebeur het, om aan die lig te kom. Die voorval is nog nie voorheen op enige nasionale platform gerapporteer nie, en dit is skokkend dat ‘n ernstige misdaad  soos hierdie deur die algemene media heeltemal ignoreer kan word.

“Saggeaarde Enigste Seun”, 21-jarige Blanke Vermoor vir sy Selfoon Terwyl hy Melk in Mosselbaai Gaan Koop het!

Dood om elke draai in SA: Die 21-jarige inwoner van Mosselbaai, Rikus Raath, is op Saterdag 5 Junie 2021 gevoelloos by ‘n verkeerslig in Louis Fourie Weg doodgesteek, toe hy koelbloedig deur twee rowers vermoor is, terwyl hy die 200 meter van sy huis by The Lofts, na die Total-garage geloop het om melk te koop.