Twee Miljoen Dosisse Johnson&Johnson Entstowwe wat in Port Elizabeth Vervaardig is op Pad Asblik toe!

Die ANC regering se entstof program is in n warboel en chaos gedompel nadat dit bekend geword het dat 2 miljoen van die Johnson&Johnson entstof dosisse, wat in Aspen se Port Elizabeth aanleg vervaardig, is waarskynlik vernietig moet word.

160 Amerikaners Sterf en Meer as 10,000 Besmet met Covid-19 Ondanks Volle Inenting, sê CDC, maar Beweer dit is Skaars!

Volgens die Amerikaanse Sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming (CDC), het meer as tienduisend Amerikaners Covid-19 opgedoen, en 160 het gesterf ondanks die feit dat hulle ten volle ingeënt is! Maar die CDC beweer dat die data daarop dui dat sulke “deurbraak” -infeksies relatief skaars is? Vertel dit vir die honderde wat ‘n geliefde verloor het!

Op 30 April was daar 10,262 gevalle van mense wat volledig ingeënt is wat met Covid-19 besmet is, het die CDC vandeesweek gesê, volgens statistieke uit 46 Amerikaanse state en gebiede. Terwyl 1,6% (160) gesterf het, is minder as 7% van die pasiënte in die hospitaal opgeneem met Covid-19 simptome. 63% van die besmette was vrouens en die gemiddelde ouderdom was 58.

Luister Hier:


“Die Regering Lieg vir Jou ‘n op Manier wat tot Jou Dood Kan Lei” – Voormalige Pfizer Vise-President en Hoof Wetenskaplike

Dié skokkende en kontroversiële onthulling kom van Dr. Michael Yeadon, Pfizer, ja dieselfde korporasie wat Covid entstof maak, se voormalige vise-president en hoofwetenskaplike vir allergie en asemhalingstelsels, wat 32 jaar in die bedryf nuwe medisyne-navorsing gelei het, en by sy aftrede van die farmaseutiese reus, die “mees senior navorsingsposisie” in sy vakgebied beklee het.

In ‘n onderhoud het hy die “aantoonbaar valse” propaganda van regerings aangespreek in reaksie op COVID-19, insluitend die “leuen” van gevaarlike variante, die totalitêre potensiaal vir “entstofpaspoorte” en die “konvergente opportunisme” wat ‘n sterk moontlikheid aandui dat ons te make het met ‘n “sameswering“, wat kan lei tot iets ver erger as die bloedbad wat ervaar is in die oorloë van die 20ste eeu.

Luister Hier:

Amerikaanse FDA Bevestig dat Chloroquine, die Sintetiese Quinine Malaria Teenmiddel, Goed Vir Behandeling van COVID-19 Pasiënte is!

Die Amerikaanse Kos en Medisyne Administrasie (FDA) het bevestig dat die gebruik van Chloroquine goed is vir die behandeling van Covid-19, en 200 Miljoen dosisse word dwarsoor die wêreld geskenk. Dit kom na dokters oor die hele wêreld uitstekende resultate rapporteer het van die behandeling van pasiënte met die Chloroquine sintetiese Malaria teenmiddel.

Hierdie middel is reeds teen ander lede van die coronavirus-familie getoets nog voordat die nuwe Covid-19 selfs ontdek is. Daar word geglo dat die teenwoordigheid van die middel in U liggaam voorkom dat coronaviruses ‘n skakel vorm met ACE-2-reseptore en sodoende die virus se toegang tot selle verhinder. Zinc werk op dieselfde manier maar dit is moeilik om dit binne die sel in te kry en benodig ‘n bymiddel. Die Chloroquine verslaan die Malaria-parasiet op ‘n heel ander manier.

Die middel is 70 jaar oud, en word wêreldwyd onder verskillende name verkoop en word dus oor die algemeen as veilig beskou. Daar is reeds massiew