Na Meer as R500 Miljard en Twee Jaar se Totalitarisme, Stop ANC Stilletjies hul Drakoniese Inperking Maatreëls, Maar het ONS Enigiets Geleer?

SA Howe nie Meer Sekuur nie! Hoe Lank Voor SA Balkaniseer en as 'n Humanitêre Ramp Verklaar Word?

Nadat baie mense en organisasies soos PANDA, die Solidariteit Beweging en Nuus.net, nou al vir amper 2 jaar vir die ANC gesê het dat lockdowns nie werk nie –  en die bietjie van die ekonomie wat oorgebly het verder sal vernietig – en organisasies soos AfriForum en Solidariteit drakoniese lockdown maatreëls ook in die hof probeer beveg het – waar die ANC se handpop regters alle aansoeke teen die ANC se lockdowns en noodtoestand eenvoudig afgeskiet het, is lockdowns en kwarantyn prosedure nou so stil-stil effektief afgeskaf.

China Toets Sinovac Entstof op SA Kinders – Offer Moontlike SinoVac Verpakkings Fasiliteit in SA as Lokaas!

China Toets Sinovac Entstof op SA Kinders - Offer Moontlike SinoVac Verpakkings Fasiliteit in SA as Lokaas!

Al is die Chinese CoronaVac entstof nie volledig in Suid Afrika goedgekeur of gebruik nie, word SA ingesluit met ander derde wêreld lande in die Fase III-proewe van Sinovac se entstof teen koronavirus siekte (Covid-19) by kinders en adolessente. Die bekendstelling van die Suid-Afrikaanse been is onlangs gehou in Pretoria, Suid-Afrika, waar ongeveer 2,000 kinders en adolessente van ses maande tot 17 jaar ingeskryf sal wees, om die veiligheid en doeltreffendheid van die CoronaVac entstof te toets, al wys resultate van proewe sover slegs 50% effektiwiteit. Die proewe sal wêreldwyd 14,000 kinders in Chili, die Filippyne, Maleisië, Kenia en Suid Afrika toets.

Afrika Unie Speel Weer Slagoffer Nieteenstaande dat “Ryk Lande” AGT Keer Meer Covid Sterftes per Miljoen Mense het!

Afrika Unie Speel Weer Slagoffer Nieteenstaande dat "Ryk Lande" AGT Keer Meer Covid Sterftes per Miljoen Mense het!

Die Europese Unie se Afrika Unie het verklaar dat “ryk lande” moet ophou om Covid entstowwe op te berg, om te gebruik vir toekomstige boosters, wat nog nie nodig blyk te wees nie, maar moet dit liewer aan Afrika gee. Natuurlik speel AU alweer die bak hand rassekaart dat Afrika die ewige slagoffer is, om weer gratis goed te kry, maar die waarheid is dat Afrika taamlik lig van die hele pandemie afgekom het, nieteenstaande al die hoofstroom vreesaanjaging en propaganda nie. Die waarheid is dat Afrika slegs ‘n fraksie van die Covid sterftes het as Europa en VSA.

Zuma se Gesteelde Geld is Klaar – Hy Bedel nou by Ondersteuners om vir Regskoste te Betaal!

Zuma se Gesteelde Geld is Klaar - Hy Bedel nou by Ondersteuners om vir Regskoste te Betaal!

Jacob Zuma moet ‘n hernude ronde hofgevegte onderneem, en hy bedel nou dat sy ondersteuners moet help om sy regskoste te betaal

Polisie Vind Niks, Toe Val 5 Gewapende Swartes Aan! Jong Pa van 6 Sterf in Hospitaal na hy 6 Keer Geskiet was in Huisinval!

Polisie Vind Niks, Toe Val 5 Gewapende Swartes Aan! Jong Pa van 6 Sterf in Hospitaal na hy 6 Keer Geskiet was in Huisinval!

Die polisie is skaars weg toe is daar gewapende swart aanvallers in hul kombuis! Of die terroriste is nie bang vir polisie nie, of die polisie is aandadig?  Gerald van Jaarsveld (32) op 29 Julie 2021, ses keer deur swart aanvallers geskiet tydens die huisinval in Brakpan, waarna hy vir 2 weke moedig om sy lewe geveg het, in die Chris Hani Baragwanath hospitaal, maar het sy stryd om oorlewing verloor en is op Saterdagoggend 14 Augustus in die hospitaal oorlede, na hy infeksie in die hospitaal gekry het. Maar dit is niks nuuts nie, ons beleef ‘n stille volksmoord verbloem as gewone misdaad en slegte dienslewering.

Die Hoogs Aansteeklike Indiese Delta Variant nou die Dominante Virus in die Wes-Kaapse Afvalwaterbehandelingsaanlegte

Die hoogs aansteeklike Delta-variant van Covid-19 is in afvalwater by 25 suiweringsaanlegte in die Wes-Kaap opgespoor.

Hunter Biden het Belê in Pandemie Firma Metabiota, wat met Wuhan-laboratorium en Daszak se EcoHealth Saamgewerk het!

Rosemont Seneca Technology Partners (RSTP), ‘n beleggingsonderneming onder leiding van Joe Biden se seun Hunter Biden, was ‘n leidende finansiële ondersteuner van Metabiota, ‘n pandemie-opsporings- en reaksieonderneming wat saamgewerk het met Peter Daszak se EcoHealth Alliance en die Wuhan Institute of Virology.

Inenting is nie ‘n Waarborg nie! In Israel is Helfte van Nuwe Gevalle Voorheen Ingeënt – 90% Besmet met Delta/India Mutasie!

Volgens ‘n Israeli amptenaar, is die helfte van volwassenes wat in die jongste COVID-19-uitbraak besmet is, volledig ingeënt. Ongeveer 90 persent van die nuwe COVID-19-infeksies in Israel is veroorsaak deur die India / Delta-variant van die CCP-virus, het amptenare gesê, terwyl hulle bygevoeg het dat ongeveer die helfte van die volwassenes, wat in die onlangse uitbraak besmet is, volledig ingeënt was.

Wêreldgesondheidsorganisasie het net Een Taak Gehad maar het Heeltemal Misluk Daarin! – Mike Pompeo

VSA se voormalige Minister van Buitelandse sake, Mike Pompeo, het die reaksie van die Wêreldgesondheidsorganisasie op COVID-19 pandemie erg kritiseer, en aangevoer dat die instelling “heeltemal misluk het” in die “een taak wat hy gehad het” om te doen, naamlik om die pandemie te voorkom.

SANW bied Kursusse aan met MEER as 50 Mense Teenwoordig – Kry Heelwat Covid Gevalle, 3 Dood in Kimberley – Maar Kursusse Gaan nog Voort!

Die SANW ondervind heelwat Covid-19 infeksies en op ‘n 4 maand weermag kursus wat in Heidelberg Gauteng gehou word, is daar al 13 Covid gevalle op die kursus, maar die hoofde wil nie die kursus stop nie. Al die besmette mense bly wel in dieselfde koue rondawel en gebruik dieselfde geriewe, ens.