Ramaphosa Ontplooi Weermag na KZN en Gauteng om Pro Zuma Proteste, Geweld, Plundering en Politieke Opposisie te Stuit!

Ramaphosa en sy ANC faksie het misluk om die pro Zuma faksie proteste te marginaliseer, en moes die Suid-Afrikaanse weermag se magte in twee provinsies ontplooi, ná wydverspreide pro Zuma geweld en plundering wat onder ander paaie versper het, ‘n winkelsentrum aan die brand gesteek het, met verskeie dood en meer as 200 inhegtenisnemings na die gevangenskap van die leier van Ramaphosa se politieke opposisie, oud President Jacob Zuma.

#Gupta 2.0 – Harith, Nuwe Private Eienaar van SAL was deur Mbeki Ramaphosa-faksie Opgestel met Staatspensioenfondse?

Het iemand vir ons gevra? Na die Gupta skandaal aan die lig gekom het, het Pravin Gordhan gesê mense moet die kolletjies verbind, en as ons dit doen, blyk dit dat die privatisering van SAL nog ‘n plundering skema deur die ANC-mafia is. Harith, die nuwe eienaar van SAL, is deur die Mbeki- en Ramaphosa-faksie van die ANC gestig en het moontlik fondse gebruik wat aan die pensioenfonds van die regering (PIC) behoort. Net soos toe multimiljardêr-oligarge na die val van die USSR geskep is, deur openbare staatsbates in privaat sakke te plaas. is die privatisering van die SAL net ‘n massiewe slenter, wat ontwerp is om die SAL vas te vang vir kaders verbonde aan Ramaphosa se faksie van die ANC! Is die SAL doelbewus bankrot gemaak om hierdie buit van ons bates moontlik te maak?

Kanada wil Guptas se vlerke knip

Waar is die Guptas se vliegtuig? Kanada se regeringskredietagentskap vir uitvoere, Export Development Canada (EDC), hoop die straler is nog in Suid-Afrika en dat die hooggeregshof in Johannesburg sal help om die vliegtuig se vlerke te knip.

Phil Taylor, EDC-woordvoerder, het bevestig dat die agentskap hom na die hof gewend het om aansoek te doen dat die vliegtuig gederegistreer word, in wat hy bestempel as “voortgesette regsoptrede”.

Die EDC het glo 80% van die geld voorgeskiet vir die Guptas se aankoop van ’n Bombardier 6000-straler, wat as ZS-OAK geregistreer is.

Gerugte dat die Guptas agterstallig is met die lening van nagenoeg $41 miljoen (sowat R482 miljoen) het reeds in Desember 2016 die ronde gedoen toe Herald berig het dat die lening agterstallig geraak het.

Regsoptrede om die geld of die vliegtuig te verhaal het toe begin.

Verlede Donderdag het die EDC hom uiteindelik na die hooggeregshof in Johannesburg gewend, sê Taylor.

“Omdat die