Nog ‘n Bejaarde Egpaar Vermoor, Hierdie keer in ‘n Klein Dorpie Buite Port Shepstone in KZN!

Nog 'n Bejaarde Egpaar Vermoor, Hierdie keer in 'n Klein Dorpie Buite Port Shepstone in KZN!

‘n Bejaarde egpaar wat in hul huis in Umtentweni buite Port Shepstone in Kwazulu-Natal vermoor is, is geïdentifiseer as Murray (67) en Julie Ross (60).

Parool vir Moordenaar en Ontvoerder van Leigh Matthews in 2004 Word Teengestaan!

Leigh Matthews, was ‘n sprankelinde jong 21-jarige student, met haar lewe voor haar, toe sy in 2004 ‘n vreemdeling ‘n rygeleentheid gegee het, wat haar toe ontvoer en vermoor het. Nou kan haar moordenaar waarlik waar op parool vrygelaat word! Volgens Leigh se Pa sal die gesin die paroolaansoek teenstaan.

“Saggeaarde Enigste Seun”, 21-jarige Blanke Vermoor vir sy Selfoon Terwyl hy Melk in Mosselbaai Gaan Koop het!

Dood om elke draai in SA: Die 21-jarige inwoner van Mosselbaai, Rikus Raath, is op Saterdag 5 Junie 2021 gevoelloos by ‘n verkeerslig in Louis Fourie Weg doodgesteek, toe hy koelbloedig deur twee rowers vermoor is, terwyl hy die 200 meter van sy huis by The Lofts, na die Total-garage geloop het om melk te koop.

Moeder (53) en Dogter (14) van Duitsland Vermoor in Ghana Deur Ghanese Internet Bedrieër!

Drie jaar gelede het Duitse moeder Claudia W. (53) die Ghanese Boigouna A. (43) via die internet ontmoet. Met bekoorlike praatjies en beloftes van pêrelwit strande het hy daarin geslaag om die naïewe Claudia heeltemal om die bos te lei. Eindelose ure sit Claudia agter die skootrekenaar om met die tien jaar jonger Ghanees te gesels. Hy het geen werklike beroep gehad nie en het geld verdien deur kettings met krale en spieëls te maak, wat hy in die Ghanese oord Kokrobite verkoop het.

Aan die begin van 2020 slaag die Ghanees in sy vooropgestelde plan. Hy het uiteindelik vir Claudia oortuig om saam met haar dogter Katja (14) na die “paradys” Ghana te verhuis. Binne tien maande was die leuen ontbloot. In plaas van paradys, het die Ghanese skurk vir Claudia begin misbruik en afpers. Sy het haar fout besef en het begin planne maak om na haar vaderland Duitsland terug te keer.

Maar dit was te laat, toe die Ghanees hierdie plan ontdek het, het hy op 8 Oktob