Babelisme – Die Bou van die Toring van Globalisme (Genesis 11 : 1-9)

Babelisme – Die Bou van die Toring van Globalisme (Genesis 11 : 1-9)

WAAR IS DIE VOLK? Die meerderheid Afrikaans sprekendes is nie-Europeërs, en so ook is die meerderheid radio RSG luisteraars nie-Europeërs. Vra nie waar is die volk se leiers nie, maar vra eerder waar is die volk? Hulle klouter by die Toring van Babel op om naam te maak, as die reënboognasie Suid Afrika, en om “Een” te wees.

SABC Wil SAUKnuus Sensuur en Toemaak! Moet Ons vir Ons Erfenis Veg of Ingee en Naam Verander?

SABC Wil Ons Sensuur en Toemaak! Moet Ons vir Ons Erfenis Veg of Ingee en Naam Verander?

Dringende Uitroep tot Aksie: Die ANC se SABC hou nie van ons berigte nie, en hulle dreig ons met dagvaardings omdat ons “nie inhoud sensuur nie, en nie hul fact-checkers” gebruik nie. Soos baie weet, as deel van hul poging om Afrikaans tot niet te maak, het de SABC dekades laas die SAUK naam amptelik gebruik, en het ons uitgelos vir die byna 20 jaar wat ons die sauk.co.za domein besit, en die SAUK naam gebruik vir ons Afrikaanse Nuus en Radio. Maar nou dat ons meer aandag trek, met byna 80,000 volgers op FB, meer as 135,000 unieke kuiermense op elk van ons webwerf en radio per maand, en waar ons die ANC se haat en foute daagliks uitbasuin, het hulle besluit om ons te probeer stilmaak.

SAUK Radio Benodig ‘n Omroeper Asook ‘n Advertensie Verkoopspersoon.

SAUK Radio is op soek na ‘n omroeper om hoofsaaklik volksnuus in te samel en lees, asook om advertensies, klingels ens. op te neem en luisteraars op hoogte van sake te hou. Ons benodig ook ‘n advertensie verkoopspersoon.

Ons internet radio stasie het laas maand 50,000 unieke luisteraars gehad, en ons onlangse Android Toep is al deur honderde luisteraars installeer. Ons gaan die IOS Toep binnekort ook vrystel. Ons het verder 78,500 volgers op Faceboek en meer as 2,000 op Twitter.

SAUK Radio Luisteraars Februarie 2021

Ons benodig ook ‘n kreatiewe advertensie verkoopspersoon vir radio, webwerwe en video waar ons ‘n basiese

Video: Vlaandere Wil Onafhanklik Wees! Massa Optog na Brussels met Voertuigkonvooi Beplan Deur Vlaams Belang op 27 September!

NIE ONS REGERING NIE! Suid Afrika is nie alleen nie wanneer dit kom by onderdrukking van ons volk nie. Al sit Belgie vir jare sonder rgering, heers daar groot ontevredenheid onder ons Vlaamse volksgenote in Belgie, oor die dreigende Waalse-linkse regering van die Belgiese staat. Net soos in SA word daar meer en meer optogte, proteste en demonstrasies in weerstand gehou. Maar dit is moeilik in die tyd van die CCP virus wat die valse regering verskoning gee om demonstrasies to blokeer, soos die demonstrasie wat verlede naweek in Mechelen aangekondig is, wat deur diktatoriale metodes deur Open VLD onderdruk is. Selfs die Vlaamse Leeu vlag is verbied! Maar Vlaams Belang kondig ‘n oorspronklike protesoptrede aan, wat geheel en al ‘coronabestand’ is: ‘n voertuigkaravaan na die hoofstad Brussels!

Die Vlaamse nasionale party is duidelik: ‘Woorde in die parlement, die koerante en sosiale media is belangrik. Maar nou is dit tyd vir aksie. Ons het

Deeltydse Vertalers en Skrywers Gesoek: Ons Benodig Bydraers vir SAUK Nuus se Volksgesinde Platforms. (Nie Deel van SABC nie).

WAARVOOR WAG ONS? Verdien ‘n bietjie sakgeld terwyl U ons platform gebruik om jou vaardigheid te ontwikkel, te leer en ons mense te help. Ons het natuurlik nie die bodemlose sakke van die globaliste nie, wat die ANC se “struggle” meelopers na VSA, Kanada, Europa en Rusland gestuur het, om deur Marxiste geleer te word hoe om mense te breinspoel. Hierdie linksgesinde mense is nou in gesag in SA en die gevolge hiervan is wat ons volk elke dag in hoofstroom media lees, en deel! Is dit enige wonder ons mense buig die knieë en aanbid ander volke en ander gode? Tyd om terug te veg, en U kan ons help.

Ons soek spesifiek skrywers en vertalers (Afrikaans / Engels / Nederlands / Duits) om ons volk reg te help met nuus en informasie wat nie sekere feite weerhou nie, soos hoofstroom media doen nie. Ons wil ook streeksbydraers vind.

Kennis van hoe om met Wordpress en Facebook te pos sal ‘n voordeel wees, maa