Na Meer as R500 Miljard en Twee Jaar se Totalitarisme, Stop ANC Stilletjies hul Drakoniese Inperking Maatreëls, Maar het ONS Enigiets Geleer?

SA Howe nie Meer Sekuur nie! Hoe Lank Voor SA Balkaniseer en as 'n Humanitêre Ramp Verklaar Word?

Nadat baie mense en organisasies soos PANDA, die Solidariteit Beweging en Nuus.net, nou al vir amper 2 jaar vir die ANC gesê het dat lockdowns nie werk nie –  en die bietjie van die ekonomie wat oorgebly het verder sal vernietig – en organisasies soos AfriForum en Solidariteit drakoniese lockdown maatreëls ook in die hof probeer beveg het – waar die ANC se handpop regters alle aansoeke teen die ANC se lockdowns en noodtoestand eenvoudig afgeskiet het, is lockdowns en kwarantyn prosedure nou so stil-stil effektief afgeskaf.

Babelisme – Die Bou van die Toring van Globalisme (Genesis 11 : 1-9)

Babelisme – Die Bou van die Toring van Globalisme (Genesis 11 : 1-9)

WAAR IS DIE VOLK? Die meerderheid Afrikaans sprekendes is nie-Europeërs, en so ook is die meerderheid radio RSG luisteraars nie-Europeërs. Vra nie waar is die volk se leiers nie, maar vra eerder waar is die volk? Hulle klouter by die Toring van Babel op om naam te maak, as die reënboognasie Suid Afrika, en om “Een” te wees.

SABC Wil SAUKnuus Sensuur en Toemaak! Moet Ons vir Ons Erfenis Veg of Ingee en Naam Verander?

SABC Wil Ons Sensuur en Toemaak! Moet Ons vir Ons Erfenis Veg of Ingee en Naam Verander?

Dringende Uitroep tot Aksie: Die ANC se SABC hou nie van ons berigte nie, en hulle dreig ons met dagvaardings omdat ons “nie inhoud sensuur nie, en nie hul fact-checkers” gebruik nie. Soos baie weet, as deel van hul poging om Afrikaans tot niet te maak, het de SABC dekades laas die SAUK naam amptelik gebruik, en het ons uitgelos vir die byna 20 jaar wat ons die sauk.co.za domein besit, en die SAUK naam gebruik vir ons Afrikaanse Nuus en Radio. Maar nou dat ons meer aandag trek, met byna 80,000 volgers op FB, meer as 135,000 unieke kuiermense op elk van ons webwerf en radio per maand, en waar ons die ANC se haat en foute daagliks uitbasuin, het hulle besluit om ons te probeer stilmaak.

“Ek Sal Jou Buite Doodmaak” – Malema die Narsis se Skokkende Xenofobie Teen Lid van Mali Word Ignoreer!

Malema die narcis se gemene en gevaarlike karakter het weer Donderdag 27 Mei 2021 na vore getree, in ‘n sitting van die Pan Afrika Parlement (PAP). Die PAP sitting is onderbreek toe Malema ‘n mede PAP lid, van die Maliese afvaardiging, met die dood gedreig het. Die PAP is een van die organe van die Afrika Unie en is deel van die globaliste se poging om Afrika lande in een groot land te skep, met “ekonomiese integrasie” van die vasteland as die verskoning. Malema is een van die globaliste se agente in Suid Afrika, so dit is nie verbasend dat hy dit so ernstig opgeneem het nie.

In ‘n video wat die rondte maak, kan gehoor word hoe Malema dreig om ‘n mede PAP lid “buite dood te maak.” Malema was blykbaar omgekrap omdat mede PAP lede bo-oor mekaar gepraat het, soos die gewoonte in Afrika is, terwyl hy na die verrigtinge wou luister.

Luister Hier:

SAUK Radio Benodig ‘n Omroeper Asook ‘n Advertensie Verkoopspersoon.

SAUK Radio is op soek na ‘n omroeper om hoofsaaklik volksnuus in te samel en lees, asook om advertensies, klingels ens. op te neem en luisteraars op hoogte van sake te hou. Ons benodig ook ‘n advertensie verkoopspersoon.

Ons internet radio stasie het laas maand 50,000 unieke luisteraars gehad, en ons onlangse Android Toep is al deur honderde luisteraars installeer. Ons gaan die IOS Toep binnekort ook vrystel. Ons het verder 78,500 volgers op Faceboek en meer as 2,000 op Twitter.

SAUK Radio Luisteraars Februarie 2021

Ons benodig ook ‘n kreatiewe advertensie verkoopspersoon vir radio, webwerwe en video waar ons ‘n basiese