China Toets Sinovac Entstof op SA Kinders – Offer Moontlike SinoVac Verpakkings Fasiliteit in SA as Lokaas!

China Toets Sinovac Entstof op SA Kinders - Offer Moontlike SinoVac Verpakkings Fasiliteit in SA as Lokaas!

Al is die Chinese CoronaVac entstof nie volledig in Suid Afrika goedgekeur of gebruik nie, word SA ingesluit met ander derde wêreld lande in die Fase III-proewe van Sinovac se entstof teen koronavirus siekte (Covid-19) by kinders en adolessente. Die bekendstelling van die Suid-Afrikaanse been is onlangs gehou in Pretoria, Suid-Afrika, waar ongeveer 2,000 kinders en adolessente van ses maande tot 17 jaar ingeskryf sal wees, om die veiligheid en doeltreffendheid van die CoronaVac entstof te toets, al wys resultate van proewe sover slegs 50% effektiwiteit. Die proewe sal wêreldwyd 14,000 kinders in Chili, die Filippyne, Maleisië, Kenia en Suid Afrika toets.

Twee Miljoen Dosisse Johnson&Johnson Entstowwe wat in Port Elizabeth Vervaardig is op Pad Asblik toe!

Die ANC regering se entstof program is in n warboel en chaos gedompel nadat dit bekend geword het dat 2 miljoen van die Johnson&Johnson entstof dosisse, wat in Aspen se Port Elizabeth aanleg vervaardig, is waarskynlik vernietig moet word.