Jong Suid-Afrikaner Kry Lewenslank Tronkstraf in Thailand na sy vir Pakkie Teken wat Dwelms Bevat, Gerig aan Haar Werkgewer!

Jong Suid-Afrikaner Kry Lewenslank Tronkstraf in Thailand na sy vir Pakkie Teken wat Dwelms Bevat, Gerig aan Haar Werkgewer!

Familie, vriende en ‘n groeiende groep besorgde ondersteuners van Ashley Oosthuizen (22), ‘n jong Suid-Afrikaanse meisie, wat twee jaar gelede lewenslank in ‘n Thaise tronk toegesluit was, doen ‘n beroep op die ANC-regering in SA om dringend aandag aan haar saak te gee. Oosthuizen se familie vrees ook dat hulle haar nou min sal kan kontak, nadat sy onlangs na ‘n nuwe tronk verskuif is. Haar ouers het glo in Desember verlede jaar laas met haar gepraat.

Afrika Unie Speel Weer Slagoffer Nieteenstaande dat “Ryk Lande” AGT Keer Meer Covid Sterftes per Miljoen Mense het!

Afrika Unie Speel Weer Slagoffer Nieteenstaande dat "Ryk Lande" AGT Keer Meer Covid Sterftes per Miljoen Mense het!

Die Europese Unie se Afrika Unie het verklaar dat “ryk lande” moet ophou om Covid entstowwe op te berg, om te gebruik vir toekomstige boosters, wat nog nie nodig blyk te wees nie, maar moet dit liewer aan Afrika gee. Natuurlik speel AU alweer die bak hand rassekaart dat Afrika die ewige slagoffer is, om weer gratis goed te kry, maar die waarheid is dat Afrika taamlik lig van die hele pandemie afgekom het, nieteenstaande al die hoofstroom vreesaanjaging en propaganda nie. Die waarheid is dat Afrika slegs ‘n fraksie van die Covid sterftes het as Europa en VSA.

Duitsland Lig Uiteindelik SA Covid Reisverbod – Volle Ingeënt Besoekers kan Kwarantyn Vermy

Reisigers van Suid Afrika word nou toegelaat om Duitsland binne te gaan, nadat hulle sedert middel Januarie verbied is om die land te besoek. Reisigers wat volledig ingeënt is, sal nie gedwing word om te kwarantyn nie.

Brittanje en Denemarke wil Onwettige Migrante Rwanda Toe Stuur Wyl hul Aansoek vir Asiel Oorweeg Word

Volgens nuwe wetgewing wat oorweeg word, moet asielsoekers na die gesamentlike Anglo-Deense verwerkingsfasiliteit in Rwanda gestuur word. Die VK se minister van binnelandse sake, Priti Patel, sal volgende week wetgewing instel wat die regering in staat stel om asielsoekers na die verwerkingsfasiliteit in Rwanda te stuur.

Kaffir-limoenblare is Rassisties? “Woke” Winkel in Brittanje Verwyder Produk al het nie ‘n Enkele Siel Daaroor Gekla nie!

Gewoonlik is dit ‘n kompliment as iets na jou genoem word, maar Waitrose, ‘n supermark-tempel vir elites in die Verenigde Koninkryk wat dit kan bekostig om met ver linkse idees rond te loop, het besluit om “Kaffir-limoenblare” te herdoop net in geval hulle dalk Suid-Afrikaners aanstoot gee, alhoewel niemand tot dusver die moeite gedoen het om te kla nie.

Brittanje Kry Splinternuwe Nuus TV Kanaal, GB News, Wat Teen Linkse “Woke Cancel Culture” Posisioneer!

Na beleggings van meer as 60 Miljoen Pond, was die Verenigde Koninkryk se nuwe GB News TV Kanaal, wat as ‘n mededinger van die linkse nuus- en aktualiteitsaanbiedinge soos BBC en Sky geposisioneer is, Sondag aand op TV en aanlyn bekendgestel met ‘n spesiale openings program wat aangebied was deur voorsitter en veteraan-omroeper, en voormalige BBC anker, Andrew Neil.