Probeer VSA om die Koue Oorlog Terug te Bring? Wie het dit Gewen, of het dit Nooit Ge-eindig nie?

Dit word dag by dag duideliker dat die ver linkse regime in VSA, onder leiding van die Demokrate, Deep State, Sosiale Media, Big Tech, ens.,  nader en nader na ‘n totalitêre regime beweeg, waar selfs woorde ‘n mens in die tronk kan laat beland. Die Russiese president, Vladimir Putin, het die huidige rigting van internasionale betrekkinge-strategie wat die regering van die Verenigde State aanneem, vergelyk met die een wat gelei het tot die ontbinding van die USSR, toe hy die week by SPIEF’21 gepraat het. Daar is al lank bespiegel oor hoe harde kommuniste in 1989, nadat die Berlynse muur afgebring is, die weste ingevaar en regerings van Westerse lande ingesypel het. Angela Merkel, (nee Kasner) ‘n “vorige” kommunis vat van Oos Duitsland afkomstig is, is ‘n goeie voorbeeld. Hoeveel kommuniste het SA toe gekom? Ons wonder ook of die hele “val van kommunisme” net ‘n klug was, om die Weste te kry om hul verdediging t

Edward Snowden was Reg – VSA se Geheime Diens (NSA) Spioeneer op Europese Leiers soos Duitsland se Kanselier Engela Merkel!

Die Amerikaanse Nasionale Veiligheidsagentskap (NSA) het ‘n vennootskap met Denemarke se buitelandse intelligensie-eenheid gebruik om te spioeneer op senior amptenare van Europese buurlande, waaronder die Duitse kanselier Angela Merkel, het die Deense staatsuitsaaier DR gesê.

Die bevindings is die resultaat van ‘n interne ondersoek in 2015 in die Deense verdedigingsintelligensiediens na die rol van die NSA in die vennootskap, en het die periode van 2012 tot 2014 behandel. Die NSA het Deense inligtingskabels gebruik om te spioeneer op senior amptenare in Swede, Noorweë, Frankryk en Duitsland.

Luister Hier:


Duitsland: Sosialiste Nomineer hul Kanselier Kandidaat om Merkel te Verplaas

Die Duitse ver linkse Sosialiste, wat tans in koalisie is met die linkse Christen-Demokratiese-Unie van kanselier Angela Merkel, het die naweek hul kandidaat vir die kanselierpos gekies. Olaf Scholz is benoem om die Sosiaal-Demokrate se veldtog vir die algemene verkiesing in September te lei.

Hy sal Armin Laschet van die Christen-Demokrate Unie (CDU) en die Groenes se Annalena Baerbock teenstaan. Scholz is tans die Minister van Finansies in Merkel se linkse koalisieregering en word algemeen beskou as ‘n sterk kandidaat wat teen die CDU se Laschet sal staan.

Luister Hier: