Skaapdief Moord by #Dirkiesdorp2 – Enkel Staatsgetuie Weerspreek sy Hof Getuienis in SABC Onderhoud!

Soos SAUK Nuus voorheen genoem het, die Dirkiesdorp sake (daar is 2), stem elke dag meer en meer ooreen met die rassistiese Coligny saak, en dit word bewys elke dag wat die sake in die hof voortduur. ‘n Advokaat vir die verdediging, Adv. Jaap Cilliers, het Donderdag ‘n groot slag geslaan toe hy video getuienis vir die hof gewys het, wat die leuens van die Staat in die Dirkiesdorp2 saak uitwys.