Newlands-Oos in Durban is ver van die blink hoogtes van die Burj Khalifa in Dubai, maar dit is waar Duduzane Zuma blykbaar sy poging om president te word, loods.
Wêreld Nuus
Henk Burgers (62) het gesterf na ‘n wrede huisaanval in Vrede en sy huis is ook uitgebrand, nog die regering, nog die brandweer, nog die polisie nog, nog politici, nog die hoofstroommedia is gepla hieroor en hou steeds swart-op-wit geweld en stadige volksmoord doelbewus stil. Dit is dus duidelik vir ons om onsself te verdedig en op te staan.
Die polisie in Oos-Londen is op soek na ‘n moontlike gewonde verdagte, wat die naweek betrokke was by die moord op ‘n 34-jarige boer, Darryl Richter, van die plaas Waterfall net buite Oos-Londen. Hy het op die toneel aan verskeie steekwonde beswyk waar hy na bewering twee van sy drie aanvallers doodgeskiet het.
Mark Rutte het tydens ‘n gespanne vergadering van EU-leiers aan die Hongaarse leier, Viktor Orban, gesê dat Hongarye dalk beter daaraan toe is om die EU te verlaat. Die beraad het plaasgevind nadat die Hongaarse parlement ‘n wet aanvaar het, wat skole verbied om kinders te indoktrineer oor homoseksualiteit en verwante afwykings. Orban het die wet verdedig en aangevoer dat dit nodig is om te verseker dat ouers hul kinders se seksopvoeding self beheer.
Die land val uit mekaar uit en word oorheers deur bendes, kriminele, bedreigers en korrupte ANC kaders, wat Miljarde belastingbetalers geld in hul sak steek, en die NVG en Valke het heeltemal misluk, om enige verskil in die tsunami van misdaad te maak. Inderdaad, nie eens 56 moorde per dag in gruweldade soos plaasmoorde, verkragtings, kapings, huisbesettings, marteling, transito rooftogte waar bombe en masjien gewere gebruik word, ensovoorts, kan hul aanspoor om wet en orde toe te pas nie. Die NVG en Valke wil liewer lyf wegsteek en die ou apartheids donkie looi, om die aap agter die bos te gaan haal, om drie dekade oue “misdade” te gaan soek van die apartheids era. Hulle vergeet dat onder apartheid was die ANC verban, vir goeie rede, want ons sien elke dag die hel wat ANC se sosialisme meegebring het. ‘n Kommunis se misdaad is ‘n ander se veiligheid, en dit is die NVG en Valke se verskoning om nie hul eie makkers te agtervolg nie.
‘n Ontsettende belangrike hofsaak, wat die feit dat Twitter inderdaad ‘n staatsakteur is, kan bewys, wat baie ernstige gevolge kan hê, is deur Harmy Dillon en Ron Coleman van Kalifornië gebring. Hulle het al die bewyse en kwitansies om te bewys dat die Staat van Kalifornië en die Demokratiese Party saamgesweer het met Twitter, om hul politiek opponente te sensuur, met die gebruik van “Verkiesingsintegriteit” as ‘n valse rede.
‘n Paar Indiër broers Raees (17) en Ameer Cajee (21) het verdwyn, tesame met Bitcoin ter waarde van $ 3,6 miljard vanaf hul kriptokurrency-beleggingsplatform. ‘n Kaapstadse regsfirma wat deur beleggers / slagoffers aangestel is, sê dat hulle die broers nie kan opspoor nie, en het die saak by die Valke, ‘n elite-eenheid van die nasionale polisie, aangemeld. Kripto-uitruilings platforms regoor die wêreld is ook in kennis gestel sou die Cajee broers probeer om die digitale munte om te skakel.
Ooit gedink wie besit die Media instelling wat jou inligting voer, wat jou idees vorm? Die maatskappy wat daagliks byna alle Nederlandse media nuus verskaf, is deur die miljoenêr Chris Oomen oorgeneem. Oomen het laat weet dat hierdie keuse “sosiaal gemotiveerd” is. Oomen het sy kommer uitgespreek oor sogenoemde “fopnuus“, wat volgens hom, van onder andere Donald Trump en Thierry Baudet kom. Chris Oomen het die Algemeen Nederlands Persbureau (ANP) gekoop van ‘n ander oligarch, naamlik John de Mol, wat die maatskappy by sy ander mediamaatskappye geplaas het, om daarvan ontslae te raak.