Nederland se Marxistiese Leier, Mark Rutte, Bewys dat die EU nie Europa is nie, na hy Hongarye vra om EU te Verlaat!

Mark Rutte het tydens ‘n gespanne vergadering van EU-leiers aan die Hongaarse leier, Viktor Orban, gesê dat Hongarye dalk beter daaraan toe is om die EU te verlaat. Die beraad het plaasgevind nadat die Hongaarse parlement ‘n wet aanvaar het, wat skole verbied om kinders te indoktrineer oor homoseksualiteit en verwante afwykings. Orban het die wet verdedig en aangevoer dat dit nodig is om te verseker dat ouers hul kinders se seksopvoeding self beheer.