Nederland se Marxistiese Leier, Mark Rutte, Bewys dat die EU nie Europa is nie, na hy Hongarye vra om EU te Verlaat!

Mark Rutte het tydens ‘n gespanne vergadering van EU-leiers aan die Hongaarse leier, Viktor Orban, gesê dat Hongarye dalk beter daaraan toe is om die EU te verlaat. Die beraad het plaasgevind nadat die Hongaarse parlement ‘n wet aanvaar het, wat skole verbied om kinders te indoktrineer oor homoseksualiteit en verwante afwykings. Orban het die wet verdedig en aangevoer dat dit nodig is om te verseker dat ouers hul kinders se seksopvoeding self beheer.

Die Oscars, Eens Die Grootaand van die Grootskerm, is Dood – Slegs 3% Amerikaners het na die Ver Linkse Cabal van Skynheilige Elitists Gekyk!

Hollywood is nou irrelevant: Sky News-gasheer Alan Jones het gesê dat hy nie verbaas is dat niemand belangstel, of ‘n lesing van die elite wil hoor nie, nadat die Oscars in 2021 tot ‘n rekord lae kykerstal gedaal het.

“Wie wil sit en kyk na ‘n groep narsiste, wat ‘n  oorbodige gevoel van self belang het, wat in paleise in Los Angeles woon en ure lank op TV aan ons wil preek?’’

Moenie dat die hoofstroommedia voorgee dat die Oscars of Hollywood nog iets beteken nie. Die ou rooi tapyt Hollywood “aand van aande“, soos die Oscars vroeër bekend gestaan het, is nou irrelevant en het verkrummel tot ‘n rekord lae kykers getal van slegs 9,85 miljoen in ‘n land van 328 miljoen, slegs 3% van die bevolking, wat met 58% laer is as verlede jaar se rekord laagtepunt van 23,6 miljoen kykers, wat ook met 6 miljoen laer as 2019 was.

Luister Hier: