Eedsverklaring van Vermiste Fluitjieblaser Beweer Ramaphosa se CR17-veldtog het Regter Zondo R5 Miljoen Kontant Gegee en NDZ-personeel Omgekoop!

Eedsverklaring van Vermiste Fluitjieblaser Beweer Ramaphosa se CR17-veldtog het Regter Zondo R5 Miljoen Kontant Gegee en NDZ-personeel Omgekoop!

Volledige beëdigde verklaring hieronder sodat U self kan besluit: Dit is welbekend dat groot bedrae geld bekom en bestee is om Cyril Ramaphosa te kry om NDZ in 2017 se ANC-leierskapsverkiesing, naelskraap te klop. Wat die jongste bewerings van kardinale belang maak, is dat die regter wat die BOSASA-korrupsiesaak gelei het, Raymond Zondo, die vermeende ontvanger van R5 miljoen kontant is. Die Valke het bevestig dat hulle vier sake ondersoek wat verband hou met die beëdigde verklaring deur die vermiste ANC-kader Phadima Fukula, oor korrupsie by Cyril Ramaphosa se CR17-verkiesingsveldtog, wat regter Raymond Zondo, Gwede Mantashe, die Ooskaap-premier Lubabalo Oscar Mabuyane, en Blade Nzimande betrek.

NVG en Valke te Sleg om hul ANC Makkers te Vervolg, Kruip weg Agter Heksejag vir Dekades oue “Misdade” van Apartheidsera!

Die land val uit mekaar uit en word oorheers deur bendes, kriminele, bedreigers en korrupte ANC kaders, wat Miljarde belastingbetalers geld in hul sak steek, en die NVG en Valke het heeltemal misluk, om enige verskil in die tsunami van misdaad te maak. Inderdaad, nie eens 56 moorde per dag in gruweldade soos plaasmoorde, verkragtings, kapings, huisbesettings, marteling, transito rooftogte waar bombe en masjien gewere gebruik word, ensovoorts, kan hul aanspoor om wet en orde toe te pas nie. Die NVG en Valke wil liewer lyf wegsteek en die ou apartheids donkie looi, om die aap agter die bos te gaan haal, om drie dekade oue “misdade” te gaan soek van die apartheids era. Hulle vergeet dat onder apartheid was die ANC verban, vir goeie rede, want ons sien elke dag die hel wat ANC se sosialisme meegebring het. ‘n Kommunis se misdaad is ‘n ander se veiligheid, en dit is die NVG en Valke se verskoning om nie hul eie makkers te agtervolg nie.

Valke Bevestig Hulle Ondersoek Twee Sake van Beweerde Diefstal van meer as R41 Quadrillion van SARB, wat Gekoppel is aan Tokyo Sexwale!

‘n Nuwe kinkel in die Tokyo Sexwale “gesteelde kwadriljoen” sage het verskyn – nadat “die Erfenis fonds” die ANC-regering na ‘n bank in Singapoer genooi het, toe die voorsitter van die Worldwide Proxy and Trustee of the White Spiritual Boy (WSB) en Spiritual Wonder Boy ( SWB) Erfenis fondse, Mnr. Chark Leong Boey, ‘n brief in sy persoonlike hoedanigheid geskryf het om die verwarring rondom die Erfenis fonds uit te klaar. Die Valke het Maandag bevestig dat hulle twee sake van vermeende diefstal van meer as R41 kwadriljoen ondersoek.

Mnr Boey, afkomstig van Singapoer, het in ‘n brief verklaar dat hy ‘n uitnodiging aan ‘n Suid-Afrikaanse afvaardiging gerig het, om na Singapoer te reis om die fonds te verifieer.