Familie van Guptas? Twee Indiër Broers, die Cajees, Verdwyn met R51 Miljard se Bitcoin!

‘n Paar Indiër broers Raees (17) en Ameer Cajee (21) het verdwyn, tesame met Bitcoin ter waarde van $ 3,6 miljard vanaf hul kriptokurrency-beleggingsplatform. ‘n Kaapstadse regsfirma wat deur beleggers / slagoffers aangestel is, sê dat hulle die broers nie kan opspoor nie, en het die saak by die Valke, ‘n elite-eenheid van die nasionale polisie, aangemeld. Kripto-uitruilings platforms regoor die wêreld is ook in kennis gestel sou die Cajee broers probeer om die digitale munte om te skakel.

“As dit te Goed is om Waar te Wees…” FBI Vang 800 Kriminele Deur Foon Klets APP te Skep en Kriminele te kry om dit te Gebruik!

Een dwelmhandelaar stuur ‘n SMS aan ‘n ander dat hy ‘n ‘werk’ het, en ‘n bewese manier om dit te doen: twee kilogram kokaïen uit Bogota met die beskermde diplomatieke sak van die Franse ambassade.

Orania se Digitale Geldeenheid, d’Ora Bekendgestel deur die Orania Sakekamer!

Orania het laas maand op ekonomiese terrein ʼn baie belangrike tree geneem toe die Ora, Orania se eie geldeenheid wat aan die Rand vasgepen is, ‘n digitale weergawe gekry het, wat aan die gemeenskap vrygestel is! Die dOra is ʼn projek wat al vir ʼn hele ruk ontwikkel word, en na verskillende ‘voertuie’ vir hierdie projek oorweeg is, is daar verlede jaar heelwat vordering gemaak en ʼn toepassing is gebou.