Sal ons Almal op ons Oudag Vermoor Word? Bejaarde Danielskuil man Sterf na hy met Gholfstok Geslaan is Gedurende Huisinval!

‘n Lewe vir ‘n TV? ‘n Bejaarde inwoner van Danielskuil in die Noord-Kaap, At van der Merwe, is dood aan ‘n hartaanval veroorsaak deur skok toe hy met ‘n gholfstok getref is, toe hy en sy vrou, albei in hul 70’s, vroeg op Vrydagoggend 24 Julie 2021, in hul huis aangeval is. Sy baie brose vrou, Elize, se een been is gebreek toe een van die aanvallers op haar been gespring het. 

Blanke Plaaswerker Wreedaardig Vermoor op Plaas in Mosselbaai – word Totaal Ignoreer deur Hoofstroommedia!

‘n Plaasmoord in die Mosselbaai-omgewing het byna ‘n week geneem van wat dit gebeur het, om aan die lig te kom. Die voorval is nog nie voorheen op enige nasionale platform gerapporteer nie, en dit is skokkend dat ‘n ernstige misdaad  soos hierdie deur die algemene media heeltemal ignoreer kan word.

ANC MISLUK! Eerste Plig van Regering is om Burgers te Beskerm! Man Doodgesteek in Huisinval maar Brandweer nie eens Gepla nie!

Henk Burgers (62) het gesterf na ‘n wrede huisaanval in Vrede en sy huis is ook uitgebrand, nog die regering, nog die brandweer, nog die polisie nog, nog politici, nog die hoofstroommedia is gepla hieroor en hou steeds swart-op-wit geweld en stadige volksmoord doelbewus stil. Dit is dus duidelik vir ons om onsself te verdedig en op te staan.

Die N A Z I Linkses Brand Nog Steeds Boeke: Belangrike Uitgewers Weier om “Radioaktiewe” Trump ‘n Boekooreenkoms aan te Bied!

President Donald Trump het in ‘n onlangse verklaring genoem dat hy “soos mal skryf” oor die “boek van alle boeke” en twee boekaanbiedings van die mees onwaarskynlike uitgewers van die hand gewys het. Maar in werklikheid probeer al die belangrikste spelers in die uitgewerswêreld so ver as moontlik vir Trump sensuur en marginaliseer. Politico verwys na Trump se sogenoemde “radioaktiewe” standpunt na die opstand op 6 Januarie, maar dit is net so omdat die linkses, insluitende Demokrate, Sosiale Media Reuse en Hoofstroommedia dit so erg politiseer en oordryf het, dat dit nou die nuwe valse realiteit is.

Facebook hou op om Berigte oor Covid-lek van Wuhan Lab te Verban! Wat Anders was Big Tech Verkeerd oor? Die Amerikaanse 2020 Verkiesing Dalk?

Dit blyk asof Trump weereens reg was: Groot tegnologiese reuse soos Facebook en Twitter is nou weliswaar die selfaangestelde “Orwelliaanse” arbiters van die waarheid “ongeag die feite,” sê Sky News-aanbieder Rita Panahi, nadat Facebook besluit het om sy beleid verlede week om te keer, en opgehou het om poste te verbied wat voorgestel het COVID-19 mens gemaak is, en vrygelaat is vanuit die laboratorium in Wuhan, China.

Die idee is deur pro China Facebook as ‘n samesweringsteorie en vals beskou, (Mark Zuckerberg se vrou is Chinees), wat beteken dat hulle poste wat die idee bespreek of selfs noem, verbied het, en die skrywer is gestraf.

Luister Hier:


“Die Regering Lieg vir Jou ‘n op Manier wat tot Jou Dood Kan Lei” – Voormalige Pfizer Vise-President en Hoof Wetenskaplike

Dié skokkende en kontroversiële onthulling kom van Dr. Michael Yeadon, Pfizer, ja dieselfde korporasie wat Covid entstof maak, se voormalige vise-president en hoofwetenskaplike vir allergie en asemhalingstelsels, wat 32 jaar in die bedryf nuwe medisyne-navorsing gelei het, en by sy aftrede van die farmaseutiese reus, die “mees senior navorsingsposisie” in sy vakgebied beklee het.

In ‘n onderhoud het hy die “aantoonbaar valse” propaganda van regerings aangespreek in reaksie op COVID-19, insluitend die “leuen” van gevaarlike variante, die totalitêre potensiaal vir “entstofpaspoorte” en die “konvergente opportunisme” wat ‘n sterk moontlikheid aandui dat ons te make het met ‘n “sameswering“, wat kan lei tot iets ver erger as die bloedbad wat ervaar is in die oorloë van die 20ste eeu.

Luister Hier: