Babelisme – Die Bou van die Toring van Globalisme (Genesis 11 : 1-9)

Babelisme – Die Bou van die Toring van Globalisme (Genesis 11 : 1-9)

WAAR IS DIE VOLK? Die meerderheid Afrikaans sprekendes is nie-Europeërs, en so ook is die meerderheid radio RSG luisteraars nie-Europeërs. Vra nie waar is die volk se leiers nie, maar vra eerder waar is die volk? Hulle klouter by die Toring van Babel op om naam te maak, as die reënboognasie Suid Afrika, en om “Een” te wees.

China Toets Sinovac Entstof op SA Kinders – Offer Moontlike SinoVac Verpakkings Fasiliteit in SA as Lokaas!

China Toets Sinovac Entstof op SA Kinders - Offer Moontlike SinoVac Verpakkings Fasiliteit in SA as Lokaas!

Al is die Chinese CoronaVac entstof nie volledig in Suid Afrika goedgekeur of gebruik nie, word SA ingesluit met ander derde wêreld lande in die Fase III-proewe van Sinovac se entstof teen koronavirus siekte (Covid-19) by kinders en adolessente. Die bekendstelling van die Suid-Afrikaanse been is onlangs gehou in Pretoria, Suid-Afrika, waar ongeveer 2,000 kinders en adolessente van ses maande tot 17 jaar ingeskryf sal wees, om die veiligheid en doeltreffendheid van die CoronaVac entstof te toets, al wys resultate van proewe sover slegs 50% effektiwiteit. Die proewe sal wêreldwyd 14,000 kinders in Chili, die Filippyne, Maleisië, Kenia en Suid Afrika toets.

Nederland se Marxistiese Leier, Mark Rutte, Bewys dat die EU nie Europa is nie, na hy Hongarye vra om EU te Verlaat!

Mark Rutte het tydens ‘n gespanne vergadering van EU-leiers aan die Hongaarse leier, Viktor Orban, gesê dat Hongarye dalk beter daaraan toe is om die EU te verlaat. Die beraad het plaasgevind nadat die Hongaarse parlement ‘n wet aanvaar het, wat skole verbied om kinders te indoktrineer oor homoseksualiteit en verwante afwykings. Orban het die wet verdedig en aangevoer dat dit nodig is om te verseker dat ouers hul kinders se seksopvoeding self beheer.

VSA V.P. Kamala Harris Word Gegroet deur Betogers in Guatemala wat sê “Trump het Gewen” en “Gaan Huis Toe”!

Kamala was met realiteit ontmoet op haar eerste reis buite die VSA, waar sy ontdek het dat nie almal se gedagtes deur Amerikaners se hoofstroommedia en sosialemedia beheer word nie. Kamala is bespot in die buiteland met protesborde wat haar begroet het toe sy in die Guatemala Hoofstad geland het, en kort daarna het die konserwatiewe Guatemalaanse president dit duidelik gemaak dat hy ook geen liefde vir haar gehad het nie, en Biden die skuld gegee vir die migrantekrisis van hierdie jaar op VSA se suidelike grens. Biden se peilingsyfers val al vyf dae aaneenlopend, maar moet nie verwag om iets hiervan te sien op die hoofstroom “#gapnews” media nie, waar hulle stukkies weglaat waarvan hulle nie hou nie of nie mee saamstem nie.

Anti Wit, Anti Christen en Anti Manlik Aanvalle Groei Wêreldwyd! Blanke en Gelowige Seuns Skaam en Geskok na Hulle as Onderdrukkers by Verstek Beledig is!

Blankes, Christene en mans MOET leer om te Protesteer: ‘n Australiese Burgemeester moes gou om verskoning vra na studente en ontstoke ouers protesteer het, oor ‘n voorlegging deur ‘n ver linkse aktivis jeug raadswerker by ‘n openbare skool naby Melbourne, wat gepreek het dat “wit, manlike en Christen“-studente “onderdrukkers” is by verstek. Dit kom dieselfde week wat ons berig het dat laerskoolkinders plakkate van ver linkse pro BLM, anti polisie moes maak en in die klas ophang! Hierdie kommunistiese anti wit “critical race theory” lesse groei ook in VSA onder die ver linkse Demokraat oorheersing, en is seker ook teenwoordig in sosialistiese anti wit Suid Afrika. Dit moet ontbloot word!

Studente en ontstelde ouers het sterk protesteer nadat ‘n aktivis jeugwerker ‘n voorlegging gegee het waar sy wit seuns wat christene is, vertel het hulle is by verstek “onderdrukkers” was. Die voorval het verlede week in die Parkdale Secondary Col