Waterskeiding Hofsaak sal Bewys dat Twitter, Kalifornië en Demokratiese Party Saamgesweer het om “Verkiesingsintegriteit” te Misbruik om Konserwatiewes te Sensuur!

‘n Ontsettende belangrike hofsaak, wat die feit dat Twitter inderdaad ‘n staatsakteur is, kan bewys, wat baie ernstige gevolge kan hê, is deur Harmy Dillon en Ron Coleman van Kalifornië gebring. Hulle het al die bewyse en kwitansies om te bewys dat die Staat van Kalifornië en die Demokratiese Party saamgesweer het met Twitter, om hul politiek opponente te sensuur, met die gebruik van “Verkiesingsintegriteit” as ‘n valse rede.

Covid Maak Ryk Elites Ryker en Armes word Proefkonyne: Miljardêr Beplan om met ANC Covid-19-entstowwe in Suid-Afrika te Maak en Toets!

Die Chinese biotegniese miljardêr Patrick Soon-Shiong, wat in SA gebore is maar in VSA woon, het die laaste jaar hier deurgebring, maar hy was nie ledig nie. Vanweë sy erfenis, is hy goed geplaas om voordeel te trek uit al die voordele van regstellende aksies, soos BSEB, BRIC’s en die Globalistiese “spesiale belang” fondse wat ronddryf, en dit is dus nie verbasend dat hy beplan om ‘n skema te maak wat Afrika glo sal help om sy eie entstowwe te vervaardig, maar wat ook op hulle getoets word!

ImmuntyBio waarin hy ‘n deel-eienaar is, het ‘n ooreenkoms onderteken met die BioVac Instituut, ‘n ANC-regering parastataal wat koronavirus-dosisse van nuuts af in SA wil vervaardig. Die potensiële winste is ongetwyfeld groot, soos aangedui deurdat hy ‘n aanvanklike R3 miljard dollar ($ 214 miljoen) aan Suid-Afrika gegee het om tegnologie vir Covid-19-entstof en ander terapieë wat na die vasteland uitgevoer kan word, deur te gee. Die verslag noem

2 + 2 = 5? Liberale in Kalifornië het nou Beweer dat Wiskunde Rassisties is!

Een groot aanduiding dat Sosialisme en Kommunisme oorheers, is wanneer Onderwys Indoktrinasie word. Die Kaliforniese staatsonderwyspaneel oorweeg sowaar of wiskunde inherent rassisties is, en of dit gewortel in wit oppergesag is, maar dit is net nog verskynsels van die “woke cancel culture,” wat deur ver linkses, sosiale media en globaliste in naïve mense se kele afgestoot word, om om ons beskawing te vernietig, sodat hulle dit kan oorneem en oorheers. 

Die onderwyspaneel is besig om die raamwerk te hersien, wat die huidige wiskundige standaarde beredeneer, wat fokus op die bestaan van een korrekte antwoord in wiskunde, wat glo wit oppergesag laat voortbestaan, en swartes verder benadeel. Dit is deel van die bose “Critical Race Theory” wa Demokrate en linkses preek, selfs in primêre skole, wat sé dat blankes by verstek rassisties is!

Luister Hier:


<