Plaasmoord: Boer Doodgeskiet, Albei Vrou se Arms Gebreek en Seun ook Gewond in Oos Kaap Plaasaanval!

Teiken op rug van boere

‘n 55-jarige boer is in die rug doodgeskiet terwyl plaasaanvallers Sondagaand sy vrou se arms gebreek het, en sy seun geskiet het tydens ‘n wrede plaasaanval net buite Kinkelbos, naby Nanaga, Port Elizabeth in die Oos-Kaap. Dit blyk asof die boer aspris geteiken was om vermoor te word, want slegs twee selfone en kontant is gesteel, en die aanvallers so vasberade was om die boer aan te val, dat hulle sy vrou se arms stukkend geskop het, maar details is nog vaag.

Plaasmoord: Dapper Boer in Oos-Kaap Vermoor na hy “Verdagte Voertuig” Ondersoek! Twee Aanvallers Dood en Een op Soek

Die polisie in Oos-Londen is op soek na ‘n moontlike gewonde verdagte, wat die naweek betrokke was by die moord op ‘n 34-jarige boer, Darryl Richter, van die plaas Waterfall net buite Oos-Londen. Hy het op die toneel aan verskeie steekwonde beswyk waar hy na bewering twee van sy drie aanvallers doodgeskiet het.