Ver Linkse, Anti-Trump, Pro-Inenting Oligarch Koop Nederland se Grootste Persburo vir Politieke Doeleindes

Ooit gedink wie besit die Media instelling wat jou inligting voer, wat jou idees vorm? Die maatskappy wat daagliks byna alle Nederlandse media nuus verskaf, is deur die miljoenêr Chris Oomen oorgeneem. Oomen het laat weet dat hierdie keuse “sosiaal gemotiveerd” is. Oomen het sy kommer uitgespreek oor sogenoemde “fopnuus“, wat volgens hom, van onder andere Donald Trump en Thierry Baudet kom. Chris Oomen het die Algemeen Nederlands Persbureau (ANP) gekoop van ‘n ander oligarch, naamlik John de Mol, wat die maatskappy by sy ander mediamaatskappye geplaas het, om daarvan ontslae te raak. 

Nederland se Forum voor Demokrasie Hard Getref met Afspitsing van 3 Tweede Kamer Lede.

Daar is vandeesweek weer ‘n skeuring binne Nederland se konserwatiewe populistiese party, Forum vir Demokrasie (FVD) na nie minder nie as drie van die agt Tweede Kamer LP’s besluit het om weg te breek. Hulle is die FVD-faksielede Wybren van Haga, Olaf Ephraim en Hans Smolders.

Volgens die persverklaring van Wybren van Haga “Het daar ‘n meningsverskil ontstaan ​​oor die manier waarop politiek gevoer word” wat aangevoer word as ‘n rede om nie langer by die FVD party te bly nie, ‘n stap wat die FVD sê hulle betreur.

Luister hier: