Plaasmoord: Boer Doodgeskiet, Albei Vrou se Arms Gebreek en Seun ook Gewond in Oos Kaap Plaasaanval!

Teiken op rug van boere

‘n 55-jarige boer is in die rug doodgeskiet terwyl plaasaanvallers Sondagaand sy vrou se arms gebreek het, en sy seun geskiet het tydens ‘n wrede plaasaanval net buite Kinkelbos, naby Nanaga, Port Elizabeth in die Oos-Kaap. Dit blyk asof die boer aspris geteiken was om vermoor te word, want slegs twee selfone en kontant is gesteel, en die aanvallers so vasberade was om die boer aan te val, dat hulle sy vrou se arms stukkend geskop het, maar details is nog vaag.

Blanke Plaaswerker Wreedaardig Vermoor op Plaas in Mosselbaai – word Totaal Ignoreer deur Hoofstroommedia!

‘n Plaasmoord in die Mosselbaai-omgewing het byna ‘n week geneem van wat dit gebeur het, om aan die lig te kom. Die voorval is nog nie voorheen op enige nasionale platform gerapporteer nie, en dit is skokkend dat ‘n ernstige misdaad  soos hierdie deur die algemene media heeltemal ignoreer kan word.

Plaasmoord: Dapper Boer in Oos-Kaap Vermoor na hy “Verdagte Voertuig” Ondersoek! Twee Aanvallers Dood en Een op Soek

Die polisie in Oos-Londen is op soek na ‘n moontlike gewonde verdagte, wat die naweek betrokke was by die moord op ‘n 34-jarige boer, Darryl Richter, van die plaas Waterfall net buite Oos-Londen. Hy het op die toneel aan verskeie steekwonde beswyk waar hy na bewering twee van sy drie aanvallers doodgeskiet het.

Werker Vasgebind en Boer Doodgesteek in Plaasmoord Naby Howick in Kwazulu-Natal!

Nog ‘n plaasmoord het op 23 April op die Wendover plaas in Karkloof digby Howick, KwaZulu-Natal, plaasgevind toe drie aanvallers die plaas se drade geknip om toegang te kry. Hulle het ‘n werker, wat op die plaas woon, vasgebind. Die aanvallers het daarna vir Trevor Murphy oorval en met ‘n mes gesteek.

Die plaasmoordenaars het daarna die huis geplunder en verskeie goedere gesteel, waarna hulle met Murphy se voertuig, ‘n Ford Ranger bakkie met die registrasie NR32220, gevlug het.

Die nooddienste is na die toneel ontbied. Murphy het behandeling ontvang, maar op pad na die hospitaal het hy aan sy beserings beswyk. Geen verdere inligting is op hierdie stadium bekend gemaak nie.