Tuinier op Vlug na Moord op Bejaarde in Oos-Londen – Media Versuim om Verdagte se Identiteit te Deel!

Tuinier op Vlug na Moord op Bejaarde in Oos-Londen - Media Versuim om Verdagte se Identiteit te Deel!

Die lyk van 82-jarige Flo Schwartz is in haar motorhuis in Darlington straat, Berea, Oos Londen gevind met ‘n wond aan haar kop. Volgens die polisie het haar tuinier glo by die huis kom vra vir gereedskap wat hy die vorige dag daar gelos het en sy het die hek vir hom oopgemaak.

Plaasmoord: Dapper Boer in Oos-Kaap Vermoor na hy “Verdagte Voertuig” Ondersoek! Twee Aanvallers Dood en Een op Soek

Die polisie in Oos-Londen is op soek na ‘n moontlike gewonde verdagte, wat die naweek betrokke was by die moord op ‘n 34-jarige boer, Darryl Richter, van die plaas Waterfall net buite Oos-Londen. Hy het op die toneel aan verskeie steekwonde beswyk waar hy na bewering twee van sy drie aanvallers doodgeskiet het.

Jong mense maak seker jy het die regte visums voor jy jouself beskikbaar stel as Engelse onderwyser – Jong vrou van Oos-Londen in tronk opgesluit in China

’n 19-jarige vrou van Oos-Londen het nog nie eers haar eerste salaris as Engels-onderwyser in China ontvang nie, toe word sy in ’n tronk opgesluit.

Tristan-Lee Niemand (19) is op 16 November deur die owerhede van die Chinese regering in Nanjing, sowat 300 km wes van Sjanghai, in hegtenis geneem. Sedertdien word sy glo in haglike omstandighede aangehou en het nog geensins kontak gehad met haar ouers in Oos-Londen in die Oos-Kaap nie.

Stacey-Lee Niemand, Tristan-Lee se ma, sê sy het deur haar dogter se Amerikaanse vriend in China verneem haar dogter is in die tronk.

“Ek het laas op 16 November met my dogter gepraat. Ek weet nie wat hulle met haar doen of hoekom nie. En die regering was tot dusver van geen hulp gewees nie,” het Niemand gesê.

Ndivhuwo Mabaya, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, het bevestig Tristan-Lee word in ’n tronk in Nanjing aangehou.

Sy is glo in verband met beweerde visum-oortred