Gauteng SAPD kon nie Onlangse ANC Onluste Ordentlik Bekamp nie Omdat Helfte van hul Blitspatrollie Voertuie nie Werk nie!

Meer as helfte van die 231 blitspatrollie voertuie in Gauteng staan stukkend ​​by polisiemotorhuise en privaat werkswinkels regoor die provinsie, sonder dat daar duidelikheid is oor wanneer hulle weer op pad sal wees. In totaal is 124 van die 231 blitspatrollie voertuie in die provinsie van die pad af volgens die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, meeste van hulle vir langer as 3 maande.

NVG en Valke te Sleg om hul ANC Makkers te Vervolg, Kruip weg Agter Heksejag vir Dekades oue “Misdade” van Apartheidsera!

Die land val uit mekaar uit en word oorheers deur bendes, kriminele, bedreigers en korrupte ANC kaders, wat Miljarde belastingbetalers geld in hul sak steek, en die NVG en Valke het heeltemal misluk, om enige verskil in die tsunami van misdaad te maak. Inderdaad, nie eens 56 moorde per dag in gruweldade soos plaasmoorde, verkragtings, kapings, huisbesettings, marteling, transito rooftogte waar bombe en masjien gewere gebruik word, ensovoorts, kan hul aanspoor om wet en orde toe te pas nie. Die NVG en Valke wil liewer lyf wegsteek en die ou apartheids donkie looi, om die aap agter die bos te gaan haal, om drie dekade oue “misdade” te gaan soek van die apartheids era. Hulle vergeet dat onder apartheid was die ANC verban, vir goeie rede, want ons sien elke dag die hel wat ANC se sosialisme meegebring het. ‘n Kommunis se misdaad is ‘n ander se veiligheid, en dit is die NVG en Valke se verskoning om nie hul eie makkers te agtervolg nie.

Nog ‘n Somer van BLM Antifa Onluste in die VSA? Rekord Wapen Verkope Duur Voort in die VSA, Want Selfs nie-Blankes Vrees Demokrate se Liberale Sosialistiese Beleid!

#BlootgestelAanSkade – Dit blyk asof die Demokrate in VSA die ANC se dodelike Sosialistiese beleid probeer implementeer. Wapen verkope in die VSA, wat in die vroeë maande van 2020 gestyg het weens die pandemie en BLM-onluste, neem steeds toe, omdat Amerikaners bang is vir nog ‘n somer van BLM Antifa-onluste soos verlede jaar, bo en behalwe die Demokraat beleide van polisiëring verminder, strenger wapen beheer toepas en massas onwettige migrante wat die land binnestroom! In April 2020 was daar 2,9 miljoen agtergrond verifikasie aansoeke (vir wapen lisensies) en die afgelope April was daar ‘n half miljoen meer: ​​3,4 miljoen vir vuurwapen agtergrond aansoeke.

Selfs Latyne en swartes is bang vir die Demokratiese regering van Biden, nie net omdat hy die Reg op wapeneienaarskap wil verwyder nie, maar ook omdat hulle die polisie verminder, en dan ook miljoene onwettige immigrante die land in laat, wat Amerikaners wyd bloo