Adjunkhoofregter Raymond Zondo, wat Gekla het hy kan nie Byhou nie, gaan ook as Hoofregter van Suid-Afrika Waarneem!

Suid-Afrika se nuwe waarnemende hoofregter is aangestel.  Dit is Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die Zondo-kommissie, waar hy die ondersoek na staatskaping lei.

“Die Kwaad Konstitusionele Hof is Geregtelik Emosioneel en nie in Ooreenstemming met ons Grondwet nie” – Zuma-stigting

Oudpresident Jacob Zuma se stigting het die uitspraak van die Konstitusionele hof, wat 15 maande tronkstraf opgelê het vir minagting, gekritiseer en gesê dit is “emosioneel en nie in ooreenstemming met ons grondwet nie”. Siende dat diê hof ook rassisme teen blankes goedgekeur het, met betrekking tot Covid hulp, is dit al lank bekend dat die Grondwet ignoreer word deur die hof, en hierdie soort betwissing die nagevolge daarvan is.

Jacob Zuma is tot 15 Maande Tronkstraf Gevonnis deur Hoogste hof in SA, Maar hy Lag nog!

Zuma is vyf dae gegun om homself aan die polisie oor te gee. As dit nie gebeur nie, moet die minister van polisie sy inhegtenisneming afdwing.