Afrika Unie Speel Weer Slagoffer Nieteenstaande dat “Ryk Lande” AGT Keer Meer Covid Sterftes per Miljoen Mense het!

Afrika Unie Speel Weer Slagoffer Nieteenstaande dat "Ryk Lande" AGT Keer Meer Covid Sterftes per Miljoen Mense het!

Die Europese Unie se Afrika Unie het verklaar dat “ryk lande” moet ophou om Covid entstowwe op te berg, om te gebruik vir toekomstige boosters, wat nog nie nodig blyk te wees nie, maar moet dit liewer aan Afrika gee. Natuurlik speel AU alweer die bak hand rassekaart dat Afrika die ewige slagoffer is, om weer gratis goed te kry, maar die waarheid is dat Afrika taamlik lig van die hele pandemie afgekom het, nieteenstaande al die hoofstroom vreesaanjaging en propaganda nie. Die waarheid is dat Afrika slegs ‘n fraksie van die Covid sterftes het as Europa en VSA.

Duitsland Lig Uiteindelik SA Covid Reisverbod – Volle Ingeënt Besoekers kan Kwarantyn Vermy

Reisigers van Suid Afrika word nou toegelaat om Duitsland binne te gaan, nadat hulle sedert middel Januarie verbied is om die land te besoek. Reisigers wat volledig ingeënt is, sal nie gedwing word om te kwarantyn nie.

Nederland se Marxistiese Leier, Mark Rutte, Bewys dat die EU nie Europa is nie, na hy Hongarye vra om EU te Verlaat!

Mark Rutte het tydens ‘n gespanne vergadering van EU-leiers aan die Hongaarse leier, Viktor Orban, gesê dat Hongarye dalk beter daaraan toe is om die EU te verlaat. Die beraad het plaasgevind nadat die Hongaarse parlement ‘n wet aanvaar het, wat skole verbied om kinders te indoktrineer oor homoseksualiteit en verwante afwykings. Orban het die wet verdedig en aangevoer dat dit nodig is om te verseker dat ouers hul kinders se seksopvoeding self beheer.

Die Ver Linkse Nasionalistiese Skotte (SNP) wen Plaaslike Verkiesings

Die Skotse Nasionale Party (SNP) van Nicola Sturgeon het in die onlangse verkiesing weer ‘n meerderheid in die parlement verkry, wat na BRexit, ‘n beduidende invloed het op die versterking van die eis vir ‘n referendum oor onafhanklikheid sal hê.

Die oorwinning van minister Sturgeon het die Britse premier Boris Johnson genoop om te begin beplan vir ‘n dringende gesprek met die Skotte om te probeer voorkom dat die streek hom aan die Verenigde Koninkryk onttrek, en daarna weer aan te sluit by die Europeerse Unie, so hulle soek nie eintlik onafhanklikheid nie, maar net ‘n groter oorheerser.

Luister Hier: