NVG en Valke te Sleg om hul ANC Makkers te Vervolg, Kruip weg Agter Heksejag vir Dekades oue “Misdade” van Apartheidsera!

Die land val uit mekaar uit en word oorheers deur bendes, kriminele, bedreigers en korrupte ANC kaders, wat Miljarde belastingbetalers geld in hul sak steek, en die NVG en Valke het heeltemal misluk, om enige verskil in die tsunami van misdaad te maak. Inderdaad, nie eens 56 moorde per dag in gruweldade soos plaasmoorde, verkragtings, kapings, huisbesettings, marteling, transito rooftogte waar bombe en masjien gewere gebruik word, ensovoorts, kan hul aanspoor om wet en orde toe te pas nie. Die NVG en Valke wil liewer lyf wegsteek en die ou apartheids donkie looi, om die aap agter die bos te gaan haal, om drie dekade oue “misdade” te gaan soek van die apartheids era. Hulle vergeet dat onder apartheid was die ANC verban, vir goeie rede, want ons sien elke dag die hel wat ANC se sosialisme meegebring het. ‘n Kommunis se misdaad is ‘n ander se veiligheid, en dit is die NVG en Valke se verskoning om nie hul eie makkers te agtervolg nie.

Trump Vat die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) aan wat te “China-gesentreerd” is en Als Verkeerd Gedoen het oor die Chinese Virus COVID19!

In ‘n lang agterstallige kommentaar, het die Amerikaanse President Donald Trump gedreig om geld terug te hou van die beleërde Wêreldgesondheidsorganisasie, wat die sukkelende globalistiese organisasie sonder fondse van sy grootste skenker sal los, aangesien baie van sy 194 lede tans deur die koronavirus geteister word. Sal China, wat blykbaar die WGO beheer, en na bewering al herstel het, ingryp en die ekstra geld aanbied, spesifiek noudat die WGO die wêreld aanmaan om aan China “dankbaarheid en respek” te betoon?

Tydens sy daaglikse inligtingsessie oor die coronavirus situasie Dinsdag, het Trump ‘n aanval geloods, hierdie keer teen die WGO, en gesê dat die organisasie wat hy ‘China-centric’ genoem het, te stadig en ondoeltreffend was in reaksie op die pandemie van die coronavirus. Hy het gesê “Die Wêreldgesondheidsorganisasie ontvang groot hoeveelhede geld van die Verenigde State, ons betaal die grootste deel van hul geld,<