China Toets Sinovac Entstof op SA Kinders – Offer Moontlike SinoVac Verpakkings Fasiliteit in SA as Lokaas!

China Toets Sinovac Entstof op SA Kinders - Offer Moontlike SinoVac Verpakkings Fasiliteit in SA as Lokaas!

Al is die Chinese CoronaVac entstof nie volledig in Suid Afrika goedgekeur of gebruik nie, word SA ingesluit met ander derde wêreld lande in die Fase III-proewe van Sinovac se entstof teen koronavirus siekte (Covid-19) by kinders en adolessente. Die bekendstelling van die Suid-Afrikaanse been is onlangs gehou in Pretoria, Suid-Afrika, waar ongeveer 2,000 kinders en adolessente van ses maande tot 17 jaar ingeskryf sal wees, om die veiligheid en doeltreffendheid van die CoronaVac entstof te toets, al wys resultate van proewe sover slegs 50% effektiwiteit. Die proewe sal wêreldwyd 14,000 kinders in Chili, die Filippyne, Maleisië, Kenia en Suid Afrika toets.

Hunter Biden het Belê in Pandemie Firma Metabiota, wat met Wuhan-laboratorium en Daszak se EcoHealth Saamgewerk het!

Rosemont Seneca Technology Partners (RSTP), ‘n beleggingsonderneming onder leiding van Joe Biden se seun Hunter Biden, was ‘n leidende finansiële ondersteuner van Metabiota, ‘n pandemie-opsporings- en reaksieonderneming wat saamgewerk het met Peter Daszak se EcoHealth Alliance en die Wuhan Institute of Virology.

Ver Linkse, Anti-Trump, Pro-Inenting Oligarch Koop Nederland se Grootste Persburo vir Politieke Doeleindes

Ooit gedink wie besit die Media instelling wat jou inligting voer, wat jou idees vorm? Die maatskappy wat daagliks byna alle Nederlandse media nuus verskaf, is deur die miljoenêr Chris Oomen oorgeneem. Oomen het laat weet dat hierdie keuse “sosiaal gemotiveerd” is. Oomen het sy kommer uitgespreek oor sogenoemde “fopnuus“, wat volgens hom, van onder andere Donald Trump en Thierry Baudet kom. Chris Oomen het die Algemeen Nederlands Persbureau (ANP) gekoop van ‘n ander oligarch, naamlik John de Mol, wat die maatskappy by sy ander mediamaatskappye geplaas het, om daarvan ontslae te raak. 

160 Amerikaners Sterf en Meer as 10,000 Besmet met Covid-19 Ondanks Volle Inenting, sê CDC, maar Beweer dit is Skaars!

Volgens die Amerikaanse Sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming (CDC), het meer as tienduisend Amerikaners Covid-19 opgedoen, en 160 het gesterf ondanks die feit dat hulle ten volle ingeënt is! Maar die CDC beweer dat die data daarop dui dat sulke “deurbraak” -infeksies relatief skaars is? Vertel dit vir die honderde wat ‘n geliefde verloor het!

Op 30 April was daar 10,262 gevalle van mense wat volledig ingeënt is wat met Covid-19 besmet is, het die CDC vandeesweek gesê, volgens statistieke uit 46 Amerikaanse state en gebiede. Terwyl 1,6% (160) gesterf het, is minder as 7% van die pasiënte in die hospitaal opgeneem met Covid-19 simptome. 63% van die besmette was vrouens en die gemiddelde ouderdom was 58.

Luister Hier:


“Die Regering Lieg vir Jou ‘n op Manier wat tot Jou Dood Kan Lei” – Voormalige Pfizer Vise-President en Hoof Wetenskaplike

Dié skokkende en kontroversiële onthulling kom van Dr. Michael Yeadon, Pfizer, ja dieselfde korporasie wat Covid entstof maak, se voormalige vise-president en hoofwetenskaplike vir allergie en asemhalingstelsels, wat 32 jaar in die bedryf nuwe medisyne-navorsing gelei het, en by sy aftrede van die farmaseutiese reus, die “mees senior navorsingsposisie” in sy vakgebied beklee het.

In ‘n onderhoud het hy die “aantoonbaar valse” propaganda van regerings aangespreek in reaksie op COVID-19, insluitend die “leuen” van gevaarlike variante, die totalitêre potensiaal vir “entstofpaspoorte” en die “konvergente opportunisme” wat ‘n sterk moontlikheid aandui dat ons te make het met ‘n “sameswering“, wat kan lei tot iets ver erger as die bloedbad wat ervaar is in die oorloë van die 20ste eeu.

Luister Hier:

ANC Kry nog ‘n Maand se Ongebreideld Mag met Verlenging van Ramptoestand in SA

Cyril Ramaphosa se kabinet het besluit om die noodtoestand in Suid-Afrika met nog ‘n maand te verleng.

In ‘n verklaring wat einde verlede week na ‘n kabinetsvergadering uitgereik is, het die regering gesê dat die noodtoestand tot 15 Junie vanjaar sal voortduur.

Luister Hier:


 

Die katastrofiese toestand wat deur die koronavirus-pandemie veroorsaak word, is blykbaar die rede, en die lewens van mense is belangrik en moet beskerm word.

Minister Nkosazana Dl