Familie van Guptas? Twee Indiër Broers, die Cajees, Verdwyn met R51 Miljard se Bitcoin!

‘n Paar Indiër broers Raees (17) en Ameer Cajee (21) het verdwyn, tesame met Bitcoin ter waarde van $ 3,6 miljard vanaf hul kriptokurrency-beleggingsplatform. ‘n Kaapstadse regsfirma wat deur beleggers / slagoffers aangestel is, sê dat hulle die broers nie kan opspoor nie, en het die saak by die Valke, ‘n elite-eenheid van die nasionale polisie, aangemeld. Kripto-uitruilings platforms regoor die wêreld is ook in kennis gestel sou die Cajee broers probeer om die digitale munte om te skakel.