Dit is ‘n warboel by die Nederlandse Ministerie van Gesondheid, Welsyn en Sport (VWS), nadat die rekenings vir die vorige jaar deur die Oudithof geoudit is. Daar is nie minder as 5,1 miljard euro korona-uitgawes waarvan die eerste adjunk-premier van Nederland, minister Hugo de Jonge nie verantwoording kan doen nie, oor waar sy ministerie die geld bestee het. Daar is verder ook geen oorsig of al die bestelde items wel afgelewer is nie.
Die ministerie moes verlede jaar vinnig mediese voorrade aanskaf en het blykbaar gedink dat hulle dit sou kon doen sonder om sulke rekords te hou, maar die Oudithof het die volgende onder andere uitgereik:
Die Ouditeershof het nietemin ernstige tekortkominge gevind in haar verantwoordingsoudit van die 2020-regeringsrekening. Inderdaad, finansiële bestuur by die Ministerie van Gesondheid, Welsyn en Sport was so onvoldoende dat die Ouditers beswaar gemaak het:
Wereld WydMeningsvormers, Nederland, Nuus, Nuuskommentaar2020, besteding, geoudit, Hugo de Jonge, Korona, mediese voorrade, Ministerie van Gesondheid, Nederland, Ouditeershof, Oudithof, sport, VWS, Welsyn
Nosiviwe Mapisa-Nqakula, SA se Minister van Verdediging kerm nog steeds dat haar sny van die korrupsiekoek nie groot genoeg is nie. Sy het weer gewaarsku, of is dit gedreig, dat die SAW in groot moeilikheid verkeer. Maar daar is geen oorlog nie, en SA het basies oop grense, en die troepe help nou net die onbevoegde SAPD uit met Korona.
Die minister se dat die land se verdedigingsvermoëns ernstig aangetas sal wees agv. die groot finansiële te korte waarmee die weermag te doen het. Maar die SAW troepe is nou net ‘n vredeskorps soos die VN, en met die oppergesag van die groot wêreld moondhede soos VSA, China en Rusland, is daar maar min rede vir ‘n weermag. Inderdaad, met die vooruitsig dat die Afrika Unie mettertyd SA saam met Zimbabwe en Namibia sal wil saamsnoer, is ‘n groot weermag ongewens.
Luister Hier: