SA Boere Volgende? Ierland val nou ook hul Boere aan, soos Nederland, Duitsland en Kanada!

SA Boere Volgende? Soos Nederland, Duitsland en Kanada val Ierland nou ook hul Boere Aan!

As deel van die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) se “Groot Herstel”-agenda vir die mensdom, sluit Ierse leiers aan by hul mede samesweerders in Nederland, Duitsland en Kanada om boere en hul plase uit te faseer, en wêreldwye voedseltekorte verder in gevaar te stel. Die Ierse regering beplan om ‘n vermindering van emissies van ongeveer 28 persent op boere af te dwing.

“Die Regering Lieg vir Jou ‘n op Manier wat tot Jou Dood Kan Lei” – Voormalige Pfizer Vise-President en Hoof Wetenskaplike

Dié skokkende en kontroversiële onthulling kom van Dr. Michael Yeadon, Pfizer, ja dieselfde korporasie wat Covid entstof maak, se voormalige vise-president en hoofwetenskaplike vir allergie en asemhalingstelsels, wat 32 jaar in die bedryf nuwe medisyne-navorsing gelei het, en by sy aftrede van die farmaseutiese reus, die “mees senior navorsingsposisie” in sy vakgebied beklee het.

In ‘n onderhoud het hy die “aantoonbaar valse” propaganda van regerings aangespreek in reaksie op COVID-19, insluitend die “leuen” van gevaarlike variante, die totalitêre potensiaal vir “entstofpaspoorte” en die “konvergente opportunisme” wat ‘n sterk moontlikheid aandui dat ons te make het met ‘n “sameswering“, wat kan lei tot iets ver erger as die bloedbad wat ervaar is in die oorloë van die 20ste eeu.

Luister Hier:

ANC se Eiendomswet is die Rooi Gevaar in Skaapsklere!

Dit is duidelik tot wat ‘n mate mense gedesensitiseer is, oor Sosialisme en die Rooi Gevaar, uit opmerkings tydens die openbare verhore van die portefeuljekomitee oor openbare werke en infrastruktuur, oor die onteieningswet. Dit is duidelik dat deelnemers geen idee het van die implikasies van hierdie wet nie. Dit is dus die taak van die ad hoc-groep vir die beskerming van eiendomsreg om die publiek te waarsku, oor wat die gevolge vir die land en sy mense sal wees as die wet toegepas word.

By die verhore laas naweek in Orange Farm, Gauteng, het die deelnemers hul mening uitgespreek dat die Covid-19-pandemie gebruik moet word om die implementering van die Onteieningswet te bespoedig, en sodoende toegang tot openbare gesondheidsorg, polisiekantore, behuising, werk te kry, en ekonomiese geleenthede. Die “Groot Herstel” waarvan Ramaphosa en Sosialiste wêreldwyd praat is nie ‘n grap of fopnuus nie.

Luister Hier: