160 Amerikaners Sterf en Meer as 10,000 Besmet met Covid-19 Ondanks Volle Inenting, sê CDC, maar Beweer dit is Skaars!

Volgens die Amerikaanse Sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming (CDC), het meer as tienduisend Amerikaners Covid-19 opgedoen, en 160 het gesterf ondanks die feit dat hulle ten volle ingeënt is! Maar die CDC beweer dat die data daarop dui dat sulke “deurbraak” -infeksies relatief skaars is? Vertel dit vir die honderde wat ‘n geliefde verloor het!

Op 30 April was daar 10,262 gevalle van mense wat volledig ingeënt is wat met Covid-19 besmet is, het die CDC vandeesweek gesê, volgens statistieke uit 46 Amerikaanse state en gebiede. Terwyl 1,6% (160) gesterf het, is minder as 7% van die pasiënte in die hospitaal opgeneem met Covid-19 simptome. 63% van die besmette was vrouens en die gemiddelde ouderdom was 58.

Luister Hier:


“Die Regering Lieg vir Jou ‘n op Manier wat tot Jou Dood Kan Lei” – Voormalige Pfizer Vise-President en Hoof Wetenskaplike

Dié skokkende en kontroversiële onthulling kom van Dr. Michael Yeadon, Pfizer, ja dieselfde korporasie wat Covid entstof maak, se voormalige vise-president en hoofwetenskaplike vir allergie en asemhalingstelsels, wat 32 jaar in die bedryf nuwe medisyne-navorsing gelei het, en by sy aftrede van die farmaseutiese reus, die “mees senior navorsingsposisie” in sy vakgebied beklee het.

In ‘n onderhoud het hy die “aantoonbaar valse” propaganda van regerings aangespreek in reaksie op COVID-19, insluitend die “leuen” van gevaarlike variante, die totalitêre potensiaal vir “entstofpaspoorte” en die “konvergente opportunisme” wat ‘n sterk moontlikheid aandui dat ons te make het met ‘n “sameswering“, wat kan lei tot iets ver erger as die bloedbad wat ervaar is in die oorloë van die 20ste eeu.

Luister Hier:

“Sê Nou Jy Wil 95% van die Wêreld Doodmaak” – News24 Versprei Valse Nuus, Paniek en Samesweringsteorieë (alweer) oor CoronaVirus-entstof en Bill Gates in Afrika – Adriaan Basson Gedwing om Verskoning te Vra!

Vir al die toegewyde, maar misleide intekenare en ondersteuners van die hoofstroommedia wat dink dat hul gunsteling daaglikse nuusplatform nooit verkeerd is nie, hier is ‘n bielie! News24 (NASPERS) moes ‘n verskoning aan die Bill en Melinda Gates-stigting uitreik vir hul vals “Afrika-entstof” verhaal op 2020-04-05 – Maar dit was nie die eerste keer dat News24 doelbewus virus paniek en vrees versprei het nie, met die gebruik van woorde soos “Say You Want to Kill Off 95% of The World Population…” in die middel van hul hoof Corona Virus nuusdekking!

Op Saterdag 4 April het News24 ‘n artikel gepubliseer met die sensasionele opskrif “Bill Gates confident a potential coronavirus vaccine will work in Africa, but Twitter does not think so”.
Dit lyk asof NEWS24 nie die verskil tussen ‘n toetsstelsel en ‘n entstof ken nie, want dit was die toetsstelle waaroor Bill Gates met Ramaphosa gesels het, volgens die tweet waarop die berig gebaseer is.

NEW