Suid-Afrika Nou Amptelik ‘n Onvolhoubare Sosialistiese Staat! 18 Miljoen (Derde van Bevolking) op Welsyn Onderhou deur net 14 Miljoen Belastingbetalers!

Een uit drie mense ontvang welsyn in ANC se SA! Die ANC het dit uiteindelik dit reggekry om ‘n eerste wêreld land heeltemal om te keer na ‘n sosialistiese humanitêre rampgebied, en self die ekonomie is nou heeltemal omgedraai! Onder die sosialistiese ANC regime het Suid-Afrika se aantal werkgeleenthede en maatskaplike toelaes, die afgelope twintig jaar effektief omgekeer, en dit is nie volhoubaar nie en is dus nou een van die land se grootste risikos, sê Nkosana Mashiya, uitvoerende hoof van Risikobestuur by Capitec.

2 + 2 = 5? Liberale in Kalifornië het nou Beweer dat Wiskunde Rassisties is!

Een groot aanduiding dat Sosialisme en Kommunisme oorheers, is wanneer Onderwys Indoktrinasie word. Die Kaliforniese staatsonderwyspaneel oorweeg sowaar of wiskunde inherent rassisties is, en of dit gewortel in wit oppergesag is, maar dit is net nog verskynsels van die “woke cancel culture,” wat deur ver linkses, sosiale media en globaliste in naïve mense se kele afgestoot word, om om ons beskawing te vernietig, sodat hulle dit kan oorneem en oorheers. 

Die onderwyspaneel is besig om die raamwerk te hersien, wat die huidige wiskundige standaarde beredeneer, wat fokus op die bestaan van een korrekte antwoord in wiskunde, wat glo wit oppergesag laat voortbestaan, en swartes verder benadeel. Dit is deel van die bose “Critical Race Theory” wa Demokrate en linkses preek, selfs in primêre skole, wat sé dat blankes by verstek rassisties is!

Luister Hier:


<