Nederland se Forum voor Demokrasie Hard Getref met Afspitsing van 3 Tweede Kamer Lede.

Daar is vandeesweek weer ‘n skeuring binne Nederland se konserwatiewe populistiese party, Forum vir Demokrasie (FVD) na nie minder nie as drie van die agt Tweede Kamer LP’s besluit het om weg te breek. Hulle is die FVD-faksielede Wybren van Haga, Olaf Ephraim en Hans Smolders.

Volgens die persverklaring van Wybren van Haga “Het daar ‘n meningsverskil ontstaan ​​oor die manier waarop politiek gevoer word” wat aangevoer word as ‘n rede om nie langer by die FVD party te bly nie, ‘n stap wat die FVD sê hulle betreur.

Luister hier:


Wêreldnuus: Boereoorlog Sjokolade, Iran Weier om Uraanverryking te Staak, NATO Teen Russiese Belange in Oekraïne, en VSA Korporasies Weerklink Linkse Disinformasie…

Al begin die pandemie afwaartse neigings toon, is daar teikens dat wêreldvrede meer onstabiel raak. Mens wonder soms hoe wêreldleiers heeldag oor wêreldvrede en internasionale diplomatiek preek, terwyl hulle geheime staatsdienste het soos CIA, FBI, KGB, MOSSAD ens. ens. wat koue oorlog teen mekaar voer.

Noudat die Ever Given se Suez Kanaal blokkade oor is, en die dreigende gevaar van Iran blyk om te bedaar na die Irannese afvaardiging hul eerste vergadering as “konstruktief” gekarakteriseer het, al het Iran die VSA se aanbod om Iran se 20% uraanverryking te staak in ruil vir die vrylating van $1 Miljard van Iran se bates, afgekeur. Maar daar was nog steeds islamitiese aanvalle in New York en by die Kapitaal gebou in Washington DC, al probeer hoofstroom media die feit verdoesel, asook Mozambique. Daar was ook verskeie ander wêrelddele waar gevaar seine begin flikker.

Luister na die potgooi hier:

[embed]https://youtu.be/zcwB47cpV0s[/emb