Mosambiek se Italiaanse Gasprojek nog op Dreef Ondanks ISIS Aanvalle, maar vir Hoe Lank?

Die Italiaanse energiemaatskappy Eni het Maandag beweer dat ‘n buitelandse gasprojek in die noorde van Mosambiek, wat deur die ISIS geweld getref is, steeds op dreef is om, ondanks die onrus, in 2022 te begin werk, maar daar bestaan ​​twyfel oor die lewensvatbaarheid van eksplorasie-terreine vir vloeibare aardgas (LNG) buite Afungi-skiereiland in Mosambiek, sedert militante die kusdorp Palma in Maart aangeval het.

Tyd om die SAW na die SA Welsyn te Herdoop? Dit is Maar net een Groot Kaderontplooiing Slenter!

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, SA se Minister van Verdediging kerm nog steeds dat haar sny van die korrupsiekoek nie groot genoeg is nie. Sy het weer gewaarsku, of is dit gedreig, dat die SAW in groot moeilikheid verkeer. Maar daar is geen oorlog nie, en SA het basies oop grense, en die troepe help nou net die onbevoegde SAPD uit met Korona. 

Die minister se dat die land se verdedigingsvermoëns ernstig aangetas sal wees agv. die groot finansiële te korte waarmee die weermag te doen het. Maar die SAW troepe is nou net ‘n vredeskorps soos die VN, en met die oppergesag van die groot wêreld moondhede soos VSA, China en Rusland, is daar maar min rede vir ‘n weermag. Inderdaad, met die vooruitsig dat die Afrika Unie mettertyd SA saam met  Zimbabwe en Namibia sal wil saamsnoer, is ‘n groot weermag ongewens.

Luister Hier: