Gedekoloniseerde Zimbabwe Smeek Buurlande vir Meer Elektrisiteit om Daaglikse 12 uur Onderbrekings te Stop!

Gedekoloniseerde Zimbabwe Smeek Buurlande vir Meer Elektrisiteit om Daaglikse 12 uur Onderbrekings te Stop!

Net soos in Suid Afrika en elders op die vasteland, waar die eenvoudige instandhouding en beheer van ‘n volle funksionele infrastruktuur ‘n uitdaging vir Afrika regimes blyk te wees, is Zimbabwe, wat eens die kragbron vir Suider Afrika was, gedwing om sy bure te vra om nuwe kragstasies te bou om krag aan Zimbabwe te verskaf, waar dit wil voorkom asof hulle nie eens meer hul eie kragstasies kan opstel nie.

EFF Leier, Malema, Skuldig Bevind aan Oortreding van Etiese Gedragskode van Parlement op Twee Aanklagte!

EFF Leier, Malema, Skuldig Bevind aan Oortreding van Etiese Gedragskode van Parlement op Twee Aanklagte!

Die Gesamentlike Komitee vir Etiek het bevind dat Malema die etiese kode vir parlementslede oortree het deur nie die wet te handhaaf nie, toe hy ‘n beroep op buitelandse burgers gedoen het om ‘kreatiewe maniere’ te vind om SA onwettig binne te dring, nadat grense gesluit is gedurende die Covid inperking in Januarie.

Het Tabakreus BAT vir Mugabe tot $500,000 Gegee om Vrylating van hul Private Spioene te Kry? – Gelekte Dokumente

Het Tabakreus BAT vir Mugabe tot $500,000 Gegee om Vrylating van hul Private Spioene te Kry? - Gelekte Dokumente

Volgens dokumente wat die BBC program ‘Panorama’ gesien het, was British American Tobacco (BAT) se private spioene gevang in Zimbabwe in 2012, na hulle betrap is toe hulle op Savanna Tobacco se fabriek spioeneer het. Na gesprekke met hooggeplaaste Zanu PF lede, oor ‘n donasie van tot halwe Miljoen dollar, was die 3 spioene losgelaat. BAT is die vervaardiger van Lucky Strike sigarette en is een van die grootste ondernemings in die Verenigde Koninkryk, waar die multinasionale tabak monopolie sy hoofkwartier in London het.

Korrup ANC Dept. van Binnelandse Sake se Diens Nou so Sleg dit Ruïneer Wetsgehoorsame Mense se Lewens

Korrup ANC Dept. van Binnelandse Sake se Diens Nou so Sleg dit Ruïneer Wetsgehoorsame Mense se Lewens

As jy ‘n swart onwettige buitelander van Zimbabwe is, kan jy ‘n egte Suid Afrikaanse Paspoort sommer gou gou koop vir R45,000 by Binnelandse Sake, maar as jy wetsgehoorsame blanke is, kan jy jare wag vir ‘n basiese dokument. Inderdaad, in Ierland word Suid Afrikaners vertel hulle kan tot drie jaar wag vir dokumente wat hul verblyf status erg affekteer! Sulke verhale is volop op Facebook groepe soos Suid Afrikaners in Nederland, waar expats mekaar probeer help met die burokrasie, korrupsie en onbekwaamheid van ANC se Binnelandse Sake.

Tyd om die SAW na die SA Welsyn te Herdoop? Dit is Maar net een Groot Kaderontplooiing Slenter!

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, SA se Minister van Verdediging kerm nog steeds dat haar sny van die korrupsiekoek nie groot genoeg is nie. Sy het weer gewaarsku, of is dit gedreig, dat die SAW in groot moeilikheid verkeer. Maar daar is geen oorlog nie, en SA het basies oop grense, en die troepe help nou net die onbevoegde SAPD uit met Korona. 

Die minister se dat die land se verdedigingsvermoëns ernstig aangetas sal wees agv. die groot finansiële te korte waarmee die weermag te doen het. Maar die SAW troepe is nou net ‘n vredeskorps soos die VN, en met die oppergesag van die groot wêreld moondhede soos VSA, China en Rusland, is daar maar min rede vir ‘n weermag. Inderdaad, met die vooruitsig dat die Afrika Unie mettertyd SA saam met  Zimbabwe en Namibia sal wil saamsnoer, is ‘n groot weermag ongewens.

Luister Hier: