5.1 Miljard Euro Vermis by Eerste Adjunk Premier van Nederland, Hugo de Jonge se Ministerie van Sport in Nederland se Koronavirus Besteding!

Dit is ‘n warboel by die Nederlandse Ministerie van Gesondheid, Welsyn en Sport (VWS), nadat die rekenings vir die vorige jaar deur die Oudithof geoudit is. Daar is nie minder as 5,1 miljard euro korona-uitgawes waarvan die eerste adjunk-premier van Nederland, minister Hugo de Jonge nie verantwoording kan doen nie, oor waar sy ministerie die geld bestee het. Daar is verder ook geen oorsig of al die bestelde items wel afgelewer is nie.

Die ministerie moes verlede jaar vinnig mediese voorrade aanskaf en het blykbaar gedink dat hulle dit sou kon doen sonder om sulke rekords te hou, maar die Oudithof het die volgende onder andere uitgereik:

Die Ouditeershof het nietemin ernstige tekortkominge gevind in haar verantwoordingsoudit van die 2020-regeringsrekening. Inderdaad, finansiële bestuur by die Ministerie van Gesondheid, Welsyn en Sport was so onvoldoende dat die Ouditers beswaar gemaak het:

Meningsvormers, Nederland, Nuus, Nuuskommentaar, , , , , , , , , , , , Leave a comment

FNB Ontvang Meeste Klagtes in Ombudsman van Bankdienste se Jaarverslag van Mees Algemene Klagtes Teen Banke

Meer as 7,700 amptelike klagtes is ingedien by die Ombudsman vir Bankdienste in Suid-Afrika, wat hul jaarverslag vir die boekjaar 2020 gepubliseer het, wat die mees algemene klagtes teen banke sowel as bankiers bevat, omdat die verhouding tussen groter klante en die bankier ook in die verslag is. 6,472 klagtes is die vorige jaar (2019) ontvang.

Sommige klagtes word onder die aandag van die Bank gebring met die verwagting dat hulle daarop sal reageer en aan die Ombudsman verslag moet doen. In hierdie verband het die Ombudsman 8 389 sake na die betrokke banke terugverwys, wat ‘n skerp toename is in vergelyking met die 4 709 wat in 2019 aan banke terugbesorg is.

Luister Hier:


VIDEO: VN Wil Alle Steenkool Gebruik Stop! Sal SA se Vulkaan van Emissies ook Vrystelling kry Soos China s’n?

#SAvolcano Wêreld Oorheersing: Die Verenigde Nasies het onder meer geëis dat steenkool van oral moet verdwyn, regoor die wêreld! Van die kleinste derde wêreldse dele van Indië, tot sogenoemde opkomende ekonomieë, soos China, tot Suid Afrika wat op steenkool leef! Eerstens, ons het nog nooit die VN se naam op ‘n stembrief gesien nie, so mag ons vra wie het die VN verkies dat hulle nou oor ons heers? Tweedens, ons het ook nie vir Joe Biden gehelp om die verkiesing te steel nie, maar hy is nou besig met die mees magtigste Zoom (wat deur Chinese besit word) vergadering, met 40 van die wêreld se grootste lande, om te eis dat hulle meer doen oor klimaatverandering. Die triljoen dollar vraag is, gaan China sy 600 steenkool aangedrewe kragstasies by 2030 afskakel?

Aangesien SA byna die helfte van die kontinent se elektrisiteit produseer, stoot Suid Afrika elke dag ‘n vulkaan se waarde van emissies uit (sulfaat dioksied en stikstofoksied), wat selfs op sate