“Daar sal Bloedvergieting Wees” – Zumas Tart de ANC Regering Uit! Blameer Regbank, Zondo en Madonsela vir sy Ellende

Jacob Zuma het Sondag ‘n byeenkoms van ondersteuners toegespreek buite Nkandla en hulle bedank omdat hulle hom steun teen die gevangenisstraf van 15 maande. Jacob Zuma het nog nie in die openbaar verskyn nie sedert die konstitusionele hof hom tot 15 maande tronkstraf gevonnis het, weens minagting van die hof, nadat hy geweier het om voor die kommissie van ondersoek na staatskaping te getuig.

Verdedigingsmagte is Onnodig in Sosialiste se Oop Grense Wêreld: SANW se Enigste Funksie is om Mediese Fondse aan die 70% van sy Lede met MIV / Vigs te Gee!

Dit is geen verrassing dat die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, tydens haar begrotingsrede in die parlement gesê het dat die departement se begroting vir die mediumtermyn, vir die derde agtereenvolgende jaar besnoei is, hierdie keer met meer as R50 Miljard. Aangesien Sosialiste en Kommuniste die hele wêreld onder hul beheer wil hê, in een wêreldwye Sentraal Beheerde distopie, is dit vanselfsprekend dat daar nie meer gewapende weermagte nodig is nie, behalwe om die elitistiese bevele van die Sentrale Beheer op die wêreldburgers wat nie die knie wil buig nie, uit te voer. 

Die minister het in die parlement beweer dat die departement se begroting dit in ‘n moeilike posisie geplaas het, en dat die tekort aan geld ‘n negatiewe uitwerking gehad het op die land se verdedigingsmeganismes in die algemeen, en veral die militêre vermoëns, maar gegewe dat SA oop grense het en ‘n Sosialistiese regering, is daar nog ‘n weermag nodig? Sy

Tyd om die SAW na die SA Welsyn te Herdoop? Dit is Maar net een Groot Kaderontplooiing Slenter!

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, SA se Minister van Verdediging kerm nog steeds dat haar sny van die korrupsiekoek nie groot genoeg is nie. Sy het weer gewaarsku, of is dit gedreig, dat die SAW in groot moeilikheid verkeer. Maar daar is geen oorlog nie, en SA het basies oop grense, en die troepe help nou net die onbevoegde SAPD uit met Korona. 

Die minister se dat die land se verdedigingsvermoëns ernstig aangetas sal wees agv. die groot finansiële te korte waarmee die weermag te doen het. Maar die SAW troepe is nou net ‘n vredeskorps soos die VN, en met die oppergesag van die groot wêreld moondhede soos VSA, China en Rusland, is daar maar min rede vir ‘n weermag. Inderdaad, met die vooruitsig dat die Afrika Unie mettertyd SA saam met  Zimbabwe en Namibia sal wil saamsnoer, is ‘n groot weermag ongewens.

Luister Hier: