ANC Regime Verryk sy Sosialistiese Vennoot Kuba met 1 Miljard Rand om Toerusting te Onderhou, Betaal deur die Belastingbetaler!

Die Departement van Verdediging en Militêre Veterane het erken dat meer as R1 miljard die afgelope tien jaar aan Kubaanse diensverskaffers gegee is, as deel van die projek Thusano, om toerusting te herstel en onderhou. Maar dan kla die minister omdat die Weermag se medium termyn begroting verminder is?

Hierdie skokkende detail het na vore gekom in antwoord op ‘n parlementêre vraag van die DA, wie se woordvoerder vir verdediging, Kobus Marais, gesê het dat dit onverklaarbaar is waarom sulke take aan die Kubane uitgekontrakteer word, terwyl die Suid-Afrikaanse wapenverskaffers sukkel weens gebrek aan werk.

Luister Hier: